Daar’s ‘n verskil tussen mal en mal

Kyk, ek is mos maar mallerig. Laf. Koekoes. Vreemd. Komieklik. Vir jare het ek dit met mag en mening beveg, maar sedert ek 45 jaar oud is het ek mos vir die my binne my kans gegee om uit te kom. Nou is dit soms so erg, ek verras myself! Kyk, ‘n ou sêding tussen ons is dat ek nie drank nodig het om simpel te wees nie! Dit hét al gebeur dat iemand naby aan my gedink het ek het ‘n doppie in, dan het ek nie eers ‘n druppel gedrink nie! 🙂

Maar dit beteken nie ek is stupid nie. Dom nie. Dat my brein iets beteken nie. Dat ek my dinge verbeel nie. Nee. Een van my beste eienskappe is juis my waarnemingsvermoë, my vermoë om situasies en mense te lees, om selfs amper as buitestaander na my eie dinge te kyk en dit rasioneel te kan beoordeel.

Soms gee ek malligheid voor, domheid, juis om ‘n situasie of persoon beter te lees. As ek enigsins gewaar dat iemand dink hy/sy is meerderwaardig, gee ek hom onmiddellik alle rede om so te dink, en dis juis dán wanneer hy so in die slaggat trap! Menige verkoopsman het al groot verloor omdat hulle my onderskat het, die grootste seker nog is die man wat wou kom voer vir ons beeste verkoop en my op beide die geleenthede wat hy IN my huis was, my stilgemaak het. KYK! Weet julle hoeveel beesvoer koop ons in ‘n maand? Dan tel dit nie eers die skaapvoer in nie! Hy het g r o o t verloor. Baie groot. Of toe ons nog in die vervoerbesigheid was en ‘n verkoopsman van lorrieparte kom daarin en grom vir my hello, tot hy besef dat die een vir wie hy nou so meerderwaardig aangekyk het, die een is wat die besluite maak. Daarvandaan het hy elke keer om my pype probeer dans … helaas … ag, ek was altyd baie vriendelik met hom, maar nou ja. Hy het ook verloor. Groot. Baie groot. Ons het baie parte in ‘n jaar gekoop. Ai. Tsk.

En sou jy dalk agter my malheid wou skuil … sjoe, dis jammer!

Die ding is, met Ursula by my weet ‘n mens nooit! 😉

Oppas!

Toortsie

Toortsie by Finesse: Google is ‘n dame

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

Toortsie’s LCHF Journey

Finesse Blogger van die week. 

Toortsie se getuienis: Radio Tygerberg

19 thoughts on “Daar’s ‘n verskil tussen mal en mal

  1. Hiehie – mal is so ‘n “wye” woord. Dit het eintlik ‘n byvoeglike naamwoord ook nodig. Lag mal, simpel mal, psigopaties mal, ens ens. Joune klink gelukkig nie na laasgenoemde mal nie. 😉

    Like

  2. hulle het altyd in Merino en Jacks vir my gese: ons gee nie vir tannie Alkoholnie – want tannie het dit nie nodig nie! ( ek het altyd glase omgestamp in goed vasgeloop en hoed laat val: sonder ‘n druppel alkohol in my binnekant! Maar nou is ek bang om by jou en Ursua te kom eet!!! Terloops sopas vannaand uitgevind dat die elektrisiteit 1 Sept heeldag gaan af wees. Sowaar. Vind asb uit of dit vir julle ook raak.

    Like

    1. Dankie dankie vir waarskuwing. Ek het daai sms gekry en nie ag geslaan daarop nie. Ek twyfel of ons geraak word daardeur. Ek sal nog vir jou finale inligting deurgee. Ter gerusstelling: Met my en jou en Ursula bymekaar kan dinge net lekker en goed gaan.

      Like

Gesels saam, asseblief!