In opdrag van Scrapydo. Ek vra vir haar of ‘safari’ ‘toer’ beteken en sy sê ‘n bietjie meer avontuurlustig. Nou ja, ek hét haar gewaarsku!
Hierdie is ‘n ou bloginskrywing wat ‘n bietjie opgedollie is, so sommige mense sal dit dalk herken, dié met geheues soos olifante! 😉 Om die waarheid te sê, hierdie vorige bloginskrywing was alreeds ‘n herhaling van ‘n nóg ouer weergawe wat op my ou blog, Madele oor Leef, geskryf was.
Ons was op ‘n tent-safari in Namibië. Ons het eers by Palmwag geslaap, in tentjies in die oopte – ek bedoel, daar is nie omheinings om die kamp nie! So, as jy in die nag ‘n draaitjie wil loop, lig jy net met jou flits so in die rondte en dan spring jy vir die toilet.
By Palmwag is die bekende Sebastiaan, ‘n olifant. Ons word mooi geleer dat ons hom glad nie mag pla nie. Hy beweeg maar daar rond, dan vreet hy naby jou tent aan die boom, netnou is hy weer iewers anders. Sou hy in die pad wees as jy wil toilet toe gaan, dan knyp jy maar totdat hy weer besluit om aan te skuif!
By Brandberg waarsku hulle ons teen die woestynolifante wat soms deur die kamp beweeg, waarop my man so ‘n lekker snork gee. “Watse olifante! Hulle bly waarsku en ons sien hulle nêrens.” Elke tentjie is heerlik onder ‘n boom opgeslaan, tog te lekker. Terloops, by daardie “kamp” het die badkamers nie eintlik deure nie. Ook nie dakke nie!!! Dis sulke riet-“mure”. As jy in die badkamer is, sit jy ‘n stokkie so skeef neer, dan weet iemand anders dis beset! Daardie nag stap ‘n tienermeisie alleen toilet toe en toe sy klaar is en weer so met haar flits lig, sien sy geel oë.
Die een nag hoor ons ‘n vreeslike lawaai. Dit was ‘n klomp donkies wat deur die kamp hardloop, maar die groot lawaai was ‘n trop olifante wat ook die kamp betree het. Hulle kom baklei toe styf teen ons tent. Ons lê doodstil, te bang om te beweeg of om ‘n geluid te maak. Jy kon die olifante se mae hoor rommel! En hulle was OMGEKRAP! As olifante baklei kyk hulle nie waar hulle hulle pote neersit nie!! Die volgende oomblik skuur daar net ‘n tak teen ons tent, ‘n tak wat hulle bokant ons tent afgeskeur het!
En dan het ek nog nie eers vertel van ons stap in die Kruger Wildtuin nie! (Kliek op die skakel en gaan lees ‘n bietjie!) Nee man, 400 woorde is te min! Wat van die lekker kameelrit by die Rooi See?
Scrapydo, kwalifiseer hierdie storie vir die safari-uitdaging? Die OLIFANT op die STAPROETE in die WILDTUIN.
Groete
Toortsie
Jou man het daardie olifante geroep .et sy aanmerking. Weet nie hoekom nie… maar “jy roep die olifant” werk elke keer.
LikeLike
Haha,oulik geskryf,Toortsie.Ek en manlief het ook al by Brandberg gekamp en die donkies het ons mal gemaak…geklink of hulle deur ons tent wou hardloop.Ai die woestynolifante…my gunstelinge…dog gevaarlik!
LikeLike
Verbeel ek my, of het julle ook daar met die olifante deurmekaar geraak?
LikeLiked by 1 person
Gelukkig nie slegte ervarings gehad nie.Dis asof die olifante rustiger is oor mense se teenwoordigheid.Hulle raak gewoond aan voertuie.Ons Gidsvriend wat ons na al hierdie plekke neem,se pa is doodgetrap deur ‘n olifant…juis daar by Purros.
LikeLike
Genade!
LikeLiked by 1 person
Dit was sy eie skuld.Hy het in die donker gaan stap en onbewustelik reg op die olifant afgestap.Dit was baie tragies.
LikeLike
Ai. Ons situasie – die olifante het dalk nie my hoor asemhaal nie, maar hy het dalk my hart hoor klop!
LikeLiked by 1 person
Nee dankie vat maar verby met my!
LikeLiked by 1 person
Janee, ek en Tina sal maar tuis bly en tee drink.
LikeLike
Neee! 🙂
LikeLiked by 1 person
Lekker!
LikeLike
Jy kwalifiseer met vlieënd vaandels. Beide is goue safaries. Olifante so naby is seker ook maar skrikwekkend as mens so stap. Het die vertellings werklik geniet!
LikeLike
Oee ek moet daai video soek!
LikeLiked by 1 person
Ek glo hul het my hart hoor klop
LikeLike
Ek dink ook so want hul is baie fyn met waarneem.
LikeLiked by 1 person
Hul het beslis geweet ons is daar. En hul het geweet dat olifante my gunstelingdier is en dat ek lief, lief, lief is vir olifante en hul wou graag my verblyf in Brandberg iets maak wat ek nooit sal vergeet nie!
Weet jy, een van die ander mense se kar het teen hul tentjie gestaan. Hul is tussen due kar en die tentjie deur!
LikeLike
Wow, wys hoe fyn is hul ingestel. Selfs dat hul so sag loop is wonderlik.
LikeLike
Blykbaar sal hul jou nie sommer raaktrap nie, maar as hul kwaad is, kan dit gebeur omdat hul dan nie so let op waar hul hul voete neersit nie.
LikeLike
Klink heel logies! Steeds maar n waagstuk!
LikeLiked by 1 person
Histerie! 🙂
LikeLiked by 1 person
Kyk nou gou of jy dit kan sien? Ek het dit op die post gesit, maar ook op Toortsie se faceboekblad.
LikeLike
Ja hy werk! Geewizzz hy was naby! Gelukkig het hy nie sy ore begin flap nie. Dankie vir die byvoegsel.
LikeLike