Scrapydo se toeka-tokkel: Safari
Die naaste wat ek nog ooit aan ‘n safari gekom het was die tyd toe mans safaripakke gedra het. Wanneer ek die woord safari hoor sien ek kakie of donkergroen, maar definitief nie ligblou soos die een wat Ken gehad het nie. Pienk was ook buite die kwessie, dit is nou totdat ek Scrapy se foto gesien het. Dus sal my prentjie van die woord safari nou kakie, groen en pienk wees.
Aangesien ek nooit self op safari was of enige begeerte het om ooit te gaan nie, vertel ek maar Marcia se storie. Marcia is my eks skoonsus. Sy is met ‘n man getroud wat vir die natuur lewe, en hulle is gedurig êrens in Afrika met hulle 4×4. So slaan hulle eendag hulle tentjie in die wye natuur op, en gaan slaap heel rustig. In die middel van die nag kry Marcia ‘n nood, en manlief word wakker gemaak om met die flitslig pad te maak tot anderkant die 4×4. Dit is met die terugkomslag dat hulle sien daar het intussen ‘n padblokade – in die vorm van ‘n renoster – bygekom. Ek was nog nooit van aangesig tot aangesig met ‘n renoster nie, dus weet ek nie wat ek sou doen nie, maar Marcia en manlief besluit om te wag totdat die renoster sy loop gekry het. Poedelnakend met net haar pantoffels aan staan Marcia langs manlief en wag, en word by die minuut kwater. Die renoster is egter nie tydgebonde nie; hy staan sy staan. Dit is toe meneer sy kop eenkant toe draai dat Marcia ‘n gaping sien, en hom in spoed vat. Sy hardloop verby die renoster, duik deur die lug die tent binne, en trek gou die rits toe. Manlief en die renoster staan toe vir die res van die nag wag, en dit is eers met sonsopkoms dat die resnoster sy pos verlaat.
Nou verstaan julle hoekom ek nie op safari wil gaan nie, ek het nie pantoffels nie.
Bawhaaaa – sy wou mos kaal “slaap”
LikeLike
Daar gebeur eienaardige goed op safari nê?
LikeLiked by 1 person
Hahaa!dis kostelik,Kameel!Ek verstaan heel goed hoekom jy nie op safari wil gaan nie.
Ek onthou nog die safaripakkies wat die manne in die staatsdiens gedra het…nogal met kniekouse,soms met ‘n kam in.😂😂
LikeLiked by 1 person
Ja, ek het skoon van die kam vergeet!!!
LikeLiked by 1 person
Ag tog, nou het ek te lekker gelag. Joune is die beste verskoning ooit om nie op safari te gaan nie.
LikeLiked by 2 people
Enige verskoning is beter as geen verskoning nie nê. 🙂
LikeLiked by 1 person
Hehehehehe … dis waarom ek ook nie die Safari ding wil aanpak nie
LikeLike
Wil jy ook nie poedelnakend met net pantoffels aan in die veld staan nie? 😉
LikeLiked by 1 person
Ek doeneers kiamp nie laat staan nog safari
LikeLiked by 1 person
Brilliant
LikeLiked by 1 person
Dankie 🙂
LikeLike
Baie snaakse storie, Kameel. Dapper vrou wat Eva-Eva op safari speel. Newwermaaind die renosters, kaal waar daar slange en spinnekoppe en skerpioene kan wees? Nie hierdie bangbroek nie.
LikeLiked by 1 person
Ook nie hierdie bangbroek nie!!! Dit is miskien hoekom sy kaal loop… geen broek om te bewe nie. Dankie vir inloer!!
LikeLike
Lekker lag ek nou! Jy sal beslis pantoffels moet kry! Defnitief! En sy het heelnag veilig gevoel met die renoster wat wag gestaan het voor haar tent! Mooi man! Jis, dis ‘n goeie storie! 🙂
LikeLiked by 1 person
Ek het nooit gevra wat manlief gesê het dat sy hom mooi netjies uit die tent gehou het deur die enigste ingang toe te rits nie. Neeeeee…. ek gaan nie pantoffels koop en op safari gaan nie!!!!!
LikeLike
Jou voetjies gaan koud kry!
LikeLiked by 1 person
Oooo nou het ek lekker gelag. Dis n baie oulike safarie storie, met of sonder pantoffels. Die safariepakke was ook my man se gunsteling. Kortbroeke, kouse en kam in die kant. Hy het ook n langbroek een gehak waarop hy baie trots was. So n ligte bloue. Gelukkig(ongelukkig vir hom) het hy the groot vir die safariepakke geword en moes hy ander kortbroeke met spesiale t-hemde kry en steeds die kouse met die kam. Ha ha, nou smile ek weer van vooraf. Regte Hotnot se kind gewees.(Dis mooi bedoel hoor!)
LikeLike
Wonder wie het die mode begin…. en al wat man is het daarvoor geval. Nou lag ek as ek aan my seuns en skoonseuns in safariepakke dink. O weë dit sal komieklik wees!!!! Geen wonder my kleinkinders lag vir ons ou fotos nie 😦
LikeLike
Ha ha, dis rerig kostelik. My man moes later sy maag intrek maar aantrek dit moes hy! Goeie ou dae. Wat van ons sjoebroekies en minnierompies!
LikeLike
O gaats…. laat ons maar eerder stilbly oor die mans se safariepakke!!!
LikeLike
My storie oor my pa se safaripak! 🙂
LikeLike
‘n Stoereboer in ‘n wit safaripak…. nope, dit gaan nie werk nie. Kan dink hoe uit die boks hy moes gevoel het.
LikeLiked by 1 person
100 persent. Ek dink hy het hom aspris bemors met iets.
LikeLike
Ek het ook tot die gevolgtrekking gekom. Hulle sê mos ‘n boer maak ‘n plan.
LikeLiked by 1 person
Dis wat ek ook gedink het- platform skoene by die minis!
LikeLiked by 1 person