Tot in die duisendste geslag

Eks 20:6: ‘Maar ek betoon my liefde tot aan die duisendste gelsag van dié wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam.’

Soveel Christene steek vas by die vorige sin, dat God die kinders die sondes van hulle vaders toereken tot in die derde en vierde geslag van dié wat Hom haat, hulle sien elke fout raak en gaan soek dit by die vorige geslagte en dan kyk hulle hierdie wonderlike vers 6 mis: ‘Maar Ek betoon MY LIEFDE totaan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam.’ Wat ‘n belofte! Ek het God mos lief, ek haat Hom mos nie, so ek steur my nie aan die negatiewe vorige vers nie. Ja, daar is ‘n waarskuwing in wat ek nie mag verontagsaam nie, die hele Bybel is vol waarskuwings vir as ek besluit om die verkeerde pad te loop. In die Ou Testament word die volk van die Here keer op keer gewaarsku dat hulle nie van God moet wegdraai nie, in die Nuwe Testament val die fokus op Jesus. Maar die belofte bly dwarsdeur die hele Bybel: ‘Ek betoon my liefde aan dié wat my liefhet.’

Maar dit stop nie net by my wat Hom liefhet nie, die belofte gaan aan en aan en aan. Ek kan nou net so ver as my kleinkinders dink, dis die stadium in my lewe waarin ek is. Maar ek verlustig my in daardie belofte: Omdat ek vir God liefhet en my bes doen om Sy gebooie na te kom, ag ek maak baie foute, oor en oor en oor, ek val vir versoekings, ek oortree, maar ek het Hom lief en daarom kan ek weet dat God ook Sy liefde vir my kinders en my kleinkinders sal bewys en ek bid met my hele hart dat ook húlle sal kies om God te dien, Hom lief te hê sodat die belofte aan en aan kan gaan.

Wát ‘n belofte. Wát ‘n gerusstelling: God bewys sy liefde aan my en aan my kinders, en aan hulle kinders omdat ons Hom liefhet, omdat ons kies om Hom te dien. Ek hoef nie vir ewig te lewe om vir my nasate te bid nie. God sal sorg, selfs al is ek nie by hulle nie, selfs al leef ek nie meer nie, want Hy beloof dit in Sy woord, en as dit is wat Hy beloof, wie is ek om te stry?

Dankie my Here dat U my juis só gerusstel dat ek nie oor my nasate hoef te bekommer nie omdat u sal sorg. Hoe groot is U!

Toortsie

Toortsie by Finesse: So nou sal ek seker maar die pannekoek moet bak?

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

Toortsie’s LCHF Journey

Finesse Blogger van die week. 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Toortsie se dagstukkies op Sondae. Bookmark the permalink.

4 Responses to Tot in die duisendste geslag

  1. ekmyselff sê:

    Mooi belofte – en n nog mooier wete as n mens dit vir jou kinders kan na laat

    Like

  2. Kameel sê:

    Dit is wat ek altyd van my terugkeer na God toe sê…. my voorouers, en ouers se geloof en gebede.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s