Meeting Ursula

Julle almal weet mos nou al wie Ursula is, né? Sy is mos my Alter Ego. Aanvanklik het ek gedink sy gee my baie probleme en steek my goed weg en maak my lewe deurmekaar, wat sy wel doen, maar intussen het ek agtergekom wát sy alles vir my agter die skerms doen! Mensig! As ek háár nie gehad het nie sou my middeljare chaos wees!

Kyk, dis mos darem ook geen geheim dat my kop lekker deurmekaar is nie, of eerder, dis hoe mense my soms lees. Dit beteken natuurlik glad nie dat ek ‘simpel’ of ‘mal’ is nie en dat daar enigsins fout met my waarnemingsvermoë is nie en as ek net effens vermoed dat jy dít dink, uhm, dán krap jy nou sowaar op verkeerde plek!

Maar Ursula! Dierbare Ursula! Toe ek ‘n rok vir my dogter se troue deur die internet bestel en almal rondom my in ‘n angstoestand verkeer, is dit sý wat agter die skerms die dinge regruk sodat, tot almal se verbasing, die rok reg sit en nog die regte kleur is ook! Bietjie lank, maar wat is ‘n ou bietjie lank nou tussen vriende?

Ek het natuurlik geen idee hoe Ursula lyk nie. Nou die dag loop ek in ons dorp op pad na Checkers en ‘n wildvreemde vrou roep my op my naam. Sy stel haarself voor: Ursula! Mensig! Hier is sy sowaar in lewende lywe! Ursula! En as mens jou bietjie verbeel, lyk ons ook nog effens na mekaar! Mens sou dit darem seker van jou Alter Ego verwag, of hoe? Ons behoort mos darem na mekaar te lyk, of hoe?

O gits, dit gaan nou so dol hier by my, lyk my ek én Ursula sal maar die volgende dae bietjie bont staan. Dalk het Ursula ‘n maatjie iewers wie se hulp ons kan inroep?

Tonginniekiestoortsie

Ns. Ek het haar regtig ontmoet, net ingeval julle dink ek skeer die gek met julle. Sy het dit vreeslik geniet toe ek haar van mý Ursula vertel! 🙂

En doodernstig, ek dink Ursula kry hulp van ons liewe Here, anders sou sy dit nie gemaak het nie. Hiermee probeer ek nie onchristelik optree of grappender verwys na God nie, maar Hy is die Een wat my paaie vir my gelyk maak. Ursula is sommer net die een in my verbeelding!

Toortsie by Finesse: So nou sal ek seker maar die pannekoek moet bak?

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

Toortsie’s LCHF Journey

Finesse Blogger van die week. 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Lawwighede; Tong-innie-kies, Ursula. Bookmark the permalink.

17 Responses to Meeting Ursula

  1. ekmyselff sê:

    Hou haar happy en naby jou!

    Liked by 1 person

  2. poerdez sê:

    So lank sy nie dronk word en skandes maak nie ….

    Like

  3. Is sy darem amper so mooi soos jy?

    Like

  4. Kameel sê:

    Solank jy nie ‘n gesplete persoonlikheid het nie, moet Ursula maar haar ding doen…. ‘n mens kan mos altyd doen met nog ‘n paar hande. 🙂

    Like

  5. Wens ek het so een gehad, wat my kon help om die goed te kry, waar ek dit gebêre of neergesit het.

    Like

  6. Lyk my sy is die een wat die meeste pret nie

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s