Ek sien hierdie oulike bloginskrywing oor woordsomme doen op faceboek die rondte.
Woordsomme is een van daardie woorde wat vrees by soveel kinders inboesem. Amper soos die woord, wiskunde. Ek glo regtig dat baie van die vrees en die misverstaan van die woord al by die ouerhuis begin. Dis persepsies. Ja, daar ís baie kinders én ouers wat regtig sukkel met somme, ek besef dit, maar ek wil ook graag glo dat daar soveel kinders is wat daarmee sukkel, wat nie veronderstel is om daarmee te sukkel nie. Sommer net as voorbeeld, ekself het altyd met sinsontleding ‘gesukkel’ omdat my onderwyser in standerd 6 vertel het dat hý daarmee gesukkel het en ek toe by myself besluit het dat ek dit mos nie dan sal regkry nie, of hoe?
Ouers moet, sover hulle kan, probeer om sulke verkeerde persepsies by hul kinders te vermy deur die manier wat hulle daaroor praat. My kinders het vir my kom vertel dat hul nou woordsomme doen en dit moeilik is. (Dit was ‘n erkende feit wat hul by die groter kinders gehoor het.) My uitdaging was om daardie persepsie te verwoes.
In my normale praat sou ek sê:Dawid het drie appels en Koos 2. Hoeveel appels het hulle twee saam? 5! Maklik! Dit was nou net ‘n woordsom, was dit dan moeilik? Nee!
Sodra hul besef het woordsomme is nie moeilik nie, het dit al hoe makliker geword. Hul sou winkel toe gaan met ‘n rand. Ek sou sê, “Hier is ‘n woordsom. Ek gee vir julle twee saam ‘n rand. Hoeveel geld moet elkeen kry?”
Dis soveel keer in hul normale verloop van hul lewe toegepas dat die term, woordsom, geen vrees meer ingeboesem het nie. Om die waarheid te sê, in hul oë was woordsomme maklik en as ‘n mens woordsomme kan doen, kan jy mos wiskunde ook doen, so wiskunde is ook sommer maklik. Weet julle wat die uiteinde is? Die kinders begin glo hul is goed in wiskunde en die wiskundeperiode het nie meer ‘n tier in nie! Beslis die moeite werd om te probeer, selfs vir die onwiskundigste mamma in die land.
Gee jou kind selfvertroue, selfs die selfvertroue wat jyself nie het nie. Rus hulle toe na die beste van jou vermoë. Jy sal nie spyt wees nie, ek belowe!
Toortsie
Toortsie by Finesse: Mammatyd
Finesse Blogger van die week
Toortsie se Faceboekpage
Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage
Toortsie’s LCHF Journey
Ek gaan nou eers selgroep toe. Drie van ons gaan in die kar klim….. hoeveel gaan by die selgroep teenwoordig wees?
LikeLike
As dit nou net julle drie was, hoekom enigsins in die kar klim? 🙂 Of gaan julle tee drink langs die pad en sjokoladekoek eet?
LikeLike
Nope, die selgroep is vêr en ons moet ry. Die hoeveelheid mense het intussen verander. Nommer 3 het ook in die kar geklim maar in ‘n ander rigting gery. Hoeveel was by die selgroep?
LikeLike
Ek weet nie hoeveel ANDER mense daar was nie. Of is die geheim in die aantal kolletjies?
LikeLike
Jy is vuurwarm op die spoor. Of nee…. jy is reg!!! Nie die kolletjies nie maar die ander mense!!! 🙂
LikeLike
so dis nie 3 wat in JOU kar klim, plus die ander nie. Ek neem aan dis dan 4. Die drie wat in karre ry plus die gasvrou. Maar nou het nr 3 nie saam met julle gery nie maar in ‘n ander rigting, so nou is dit 2 in karre selgroep toe plus die gasvrou. Dis te sê as dit by iemand se HUIS aangebied word. As dit op ‘n ander plek aangebied word en daar is nie ‘n gasvrou nie is julle nou ‘n skrale 2. Julle sal moet bid vir nog lede!
LikeLike
Hoe lekker lag ek nou.vir die bid vir nog lede 😁😁😁 Drie sou in die kar geklim het, maar nommer drie het daarteen besluit en ‘n ander rigting ingeslaan. Die twee wat selgroep toe gery het, het aangesluit by ‘n sitkamer met 11 mense in (m.a.w die ANDER)
LikeLiked by 1 person
Sien ek kon nie antwoord nie want ek het nie geweet hoeveel die ander is nie. 🙂
LikeLike
Dit was die vangplek…. en jy het van die begin af reg geantwoord want jy het gesê jy weet nie hoeveel die ANDER is nie!!!
LikeLiked by 1 person
Wisk juffrou 😉 so amper. Xx
LikeLiked by 1 person
Toe ek klein was, is dit ni woordsomme genoem nie, maar probleemsomme. Ek dink d kinders se probleme daarmee he5 daar begin- met daarfie eoord en is deur geslagte oorgedra. Ek self was egter mal daaroor want dit was soos raaisels. Jan se oom gee hom n sak appels. Hy gee vir sy 3 vriend elkeen een. Hy eet 3 appels. Een is sleg en hy gooi dit weg. Hy het 4 oor. Hoeveel appels het oom hom gegee?
LikeLike
10! Amper gooi ek ook die vrot een weg! Jy maak moeilikes!
LikeLike
11?
LikeLike
Dis so waar, my pa het van begin sf gesê somme(wiskunde) is moeilik. Automaties was ek vrot met somme, nie net probleemsomme nie. Toe kry ek n graad een en twee gekombineerde klas in my eerste skoolhou jaar. Die juffrou kon nie vinnig kombinasies van tien doen nie! Dit het my gedwing om werklik op te let wat die antwoord moet wees. Juffrou kan mos nie slegter as kinders wees nie. Liewer eintlik, juffrou moet vinniger antwoorde kry as kinders. Omdat ek dit geweet het het ek my seun van kleins af gehelp met kombinasies en tafels. Dit het gemaak dat hy vandag steeds baie goed met wiskundige bewerkings is.
LikeLike
Ek het loseer by tannies Mags en Willa. Elke oggen het ek in die bed tee en beskuit gekry. In daai tyd het tannie Willa in haar bed gesit en vir my gepeper met tafels. Vandag kan ek steeds vinniger tafels doen as optel.
LikeLike
Wonderlik hoe so bietjie ekstra oefening bydra tot sukses.
LikeLiked by 1 person
Tot in standerd vyf,was ek uitstekend met somme.Standerd ses word dit toe wiskunde genoem en daar val ek soos ‘n vrot vy uit die boom uit,tot in matriek!Die rede…daar is heeltyd bangmaakstories oor wiskunde versprei.Tot vandag nog droom ek hoe ek swot vir my matriekeksamen…glad nie lekker nie,hoor!
LikeLike
Sien jy nou! En in standerd ses begin jy mos van min- en plusdrake leer! En as jy nie van drake geleer het nie, dan is dit presies waar dit verkeerd geloop het! 🙂
LikeLiked by 1 person
https://toortsie.com/2012/07/10/bewys-dat-een-groter-is-as-nul/
LikeLiked by 1 person