Woordsomme

Ek sien hierdie oulike bloginskrywing oor woordsomme doen op faceboek die rondte.

Woordsomme is een van daardie woorde wat vrees by soveel kinders inboesem. Amper soos die woord, wiskunde. Ek glo regtig dat baie van die vrees en die misverstaan van die woord al by die ouerhuis begin. Dis persepsies. Ja, daar ís baie kinders én ouers wat regtig sukkel met somme, ek besef dit, maar ek wil ook graag glo dat daar soveel kinders is wat daarmee sukkel, wat nie veronderstel is om daarmee te sukkel nie. Sommer net as voorbeeld, ekself het altyd met sinsontleding ‘gesukkel’ omdat my onderwyser in standerd 6 vertel het dat hý daarmee gesukkel het en ek toe by myself besluit het dat ek dit mos nie dan sal regkry nie, of hoe?

Ouers moet, sover hulle kan, probeer om sulke verkeerde persepsies by hul kinders te vermy deur die manier wat hulle daaroor praat. My kinders het vir my kom vertel dat hul nou woordsomme doen en dit moeilik is. (Dit was ‘n erkende feit wat hul by die groter kinders gehoor het.) My uitdaging was om daardie persepsie te verwoes.

In my normale praat sou ek sê:Dawid het drie appels en Koos 2. Hoeveel appels het hulle twee saam? 5! Maklik! Dit was nou net ‘n woordsom, was dit dan moeilik? Nee!

Sodra hul besef het woordsomme is nie moeilik nie, het dit al hoe makliker geword. Hul sou winkel toe gaan met ‘n rand. Ek sou sê, “Hier is ‘n woordsom. Ek gee vir julle twee saam ‘n rand. Hoeveel geld moet elkeen kry?”

Dis soveel keer in hul normale verloop van hul lewe toegepas dat die term, woordsom, geen vrees meer ingeboesem het nie. Om die waarheid te sê, in hul oë was woordsomme maklik en as ‘n mens woordsomme kan doen, kan jy mos wiskunde ook doen, so wiskunde is ook sommer maklik. Weet julle wat die uiteinde is? Die kinders begin glo hul is goed in wiskunde en die wiskundeperiode het nie meer ‘n tier in nie! Beslis die moeite werd om te probeer, selfs vir die onwiskundigste mamma in die land.

Gee jou kind selfvertroue, selfs die selfvertroue wat jyself nie het nie. Rus hulle toe na die beste van jou vermoë. Jy sal nie spyt wees nie, ek belowe!

Toortsie

Toortsie by Finesse: Mammatyd

Finesse Blogger van die week

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

Toortsie’s LCHF Journey

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Opheffingswerk; Opvoeding, Ouerskap en ouerleiding and tagged , , . Bookmark the permalink.

19 Responses to Woordsomme

  1. Kameel sê:

    Ek gaan nou eers selgroep toe. Drie van ons gaan in die kar klim….. hoeveel gaan by die selgroep teenwoordig wees?

    Like

  2. seegogga sê:

    Toe ek klein was, is dit ni woordsomme genoem nie, maar probleemsomme. Ek dink d kinders se probleme daarmee he5 daar begin- met daarfie eoord en is deur geslagte oorgedra. Ek self was egter mal daaroor want dit was soos raaisels. Jan se oom gee hom n sak appels. Hy gee vir sy 3 vriend elkeen een. Hy eet 3 appels. Een is sleg en hy gooi dit weg. Hy het 4 oor. Hoeveel appels het oom hom gegee?

    Like

  3. Dis so waar, my pa het van begin sf gesê somme(wiskunde) is moeilik. Automaties was ek vrot met somme, nie net probleemsomme nie. Toe kry ek n graad een en twee gekombineerde klas in my eerste skoolhou jaar. Die juffrou kon nie vinnig kombinasies van tien doen nie! Dit het my gedwing om werklik op te let wat die antwoord moet wees. Juffrou kan mos nie slegter as kinders wees nie. Liewer eintlik, juffrou moet vinniger antwoorde kry as kinders. Omdat ek dit geweet het het ek my seun van kleins af gehelp met kombinasies en tafels. Dit het gemaak dat hy vandag steeds baie goed met wiskundige bewerkings is.

    Like

  4. Tot in standerd vyf,was ek uitstekend met somme.Standerd ses word dit toe wiskunde genoem en daar val ek soos ‘n vrot vy uit die boom uit,tot in matriek!Die rede…daar is heeltyd bangmaakstories oor wiskunde versprei.Tot vandag nog droom ek hoe ek swot vir my matriekeksamen…glad nie lekker nie,hoor!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s