Toortsie se Toeka Tokkel oor strikke

Scrapydo het my totaal in ‘n strik gevang met hierdie opdrag! 

Strikke. Strikke wat gestel word om iets te vang. ‘n Ongemaklike onderwerp. Iets wat baie negatiewe reaksie kan uitlok.

Wanneer mense strikke stel om diere te vang is dit gewoonlik nie ‘n mooi gesig nie, daar is gewoonlik baie wreedheid betrokke.

Ek gaan my nie nou hier uitspreek vir of teen strikke nie. Ekself hou ook nie van die wreedheid daarvan nie. Sommige strikke, of eerder die meeste strikke wat gestel word, gaan om oorlewing, en ja, die doel heilig sekerlik nie die middele nie, maar ons kan nie altyd die situasie besef waarin dit gedoen word nie.

Kom ek gee ‘n paar voorbeelde:

Die persoon woon in die ysberge in Alaska. Dis winter. Daar is net nie meer kos nie, nie vir mens nie en ook nie vir dier nie. Ál manier van oorlewing is om ‘n strik te stel en hopelik ‘n ysbeer te vang …

Die luiperds kom  in een nag en maai behoorlik onder die boer se skape, byt minstens 10 dood, R2000 per skaap …

Elke nag vang die rooikat ‘n lammetjie, ‘n skaaplammetjie, een van ‘n stoet. Groot skade vir die boer.

Die bobbejane maak asof die mielieland geplant is vir hulle.

Die man het oneindig las met die bure wat nie hulle katte kan beheer nie. Elke nag klim die katte deur sy venster, kom mors in sy huis, klim op die tafel en foeter in sy bakke kos wat oop staan. Hy het al met die bure gaan praat oor die probleem, maar daar kom net geen reaksie nie, die bure voel ‘n veer …

Elke dag verdwyn daar ‘n geldnoot uit ‘n beursie, soms selfs twee keer per dag …

Daar word lorrievragte skape snags gesteel.

Dis droog, die boesmans is honger. Hul het nie groot en sterk gewere nie. Hulle het dae laas kos gehad …

Soos ek sê, die doel heilig nie die middele nie, maar plaas jou gou in daardie ou se skoene. Ter wille van oorlewing.

Toortsie

Toortsie by Finesse: Mammatyd

Finesse Blogger van die week

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

Toortsie’s LCHF Journey

9 thoughts on “Toortsie se Toeka Tokkel oor strikke

  1. Dis hoekom ek begin het met strikke stel. Toe ek klein was het die “inwoners” vir plesier/lekkerny strikke gestel om hase te vang. Dis aaklig as die diere net aan poot gevang word of homself losruk. Waar dit oor oorlewing gaan stel hul nie n klomp strikke om so veel as moontlik te vang nie maar slegs om n enkele dier te vang vir oorlewing. Hier was juis vandag oor die nuus van kinders wat strikke stel om rotte te vang. Dis veral in en rondom die stad. Hier is twee eilande naby wat rot vry is. In die geval kan dit wel gedoen word. Die strikke moet egter gereeld nagegaan word.

    Like

  2. Hier gaan dit maar weereens oor balans….. ‘n mens kry mos maar altyd diè wat oorhel na iets oordoen.
    Soos ek hier sit en tik vreet die muskiete my….. dit is seker die teken dat winter einde se kant toe staan.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!