Oumense en tegnologie

Oumense en tegnologie!  Ai, jai, jai!

Ná twee dae in die Baviaanskloof sonder selfoonsein het ek maar net besef hóé afhanklik en verslaaf ons aan ons selfone geword het. ‘n Paar jaar gelede het ek gesê: “Ek wil net ‘n eenvoudige ou selfoontjie hê, hy moet net kan bel en sms.” Nou is my selfoon amper my rekenaar, ek bel amper nie meer met hom nie, maar dis ‘n gewhattsapp, sms, blog, faceboek, fotonemery (ek weet nie eers meer waar my kamera is nie!), ek doen my betalings op hom en lees my boek op hom. Ons Google en ons GPS en ons maak onse name krater, maar nou ja …

Vreemd, terwyl ons in die Baviaanskloof gekuier het, het ek nie ‘n sekond na my selfoon verlang nie, ons het net te lekker gekuier. Selfoon het in die handsak gelê, doodstil. Maar toe hy aan die piep raak net so voor Patensie, amper uitasem omdat hy nie klaarkry om die deuntjie te sing voor die volgende een moet begin nie, toe is dit die lekkerste klank wat ek hoor! En nie net ek nie, almal van ons gryp ons selfone wat piep en raas, net een in ons groep kla dat hy nie ‘n sms gekry het nie! Siestog, die arme amper sewentigjarige! 😉 In Patensie sit die 10 van ons en drink tee/koeldrank/melkskommel, terwyl die meeste na hulle selfone staar! (Ek dog dis net tieners wat dit doen!)

So met die terugryslag het ek groot lag vir myself gekry. My selfoon kerm dat hy nie meer krag het nie: 2%, 1%, 0% en het julle geweet daar is ‘n NOG LAER tekentjie? Die batterytjie wys: AIKONA!, en die motorlaaier laai net heeltemal te stadig. Sy noi wil op die internet wees, sy het internetonttrekking, sy wil faceboek, blog, wat nog alles en selfoontjie het nie KRAG nie en die goed wat sy wil gebruik, vra MEER krag as wat die motorlaaier verskaf. Nou ja, dan maar met die tablet. Dié het ‘n bietjie krag, maar nie SEIN nie, of wat ek later agterkom, sy DATA is op! 😉

So, in plaas daarvan dat ek nou slaap, sit ek kiertsregop in my bed en tik vir julle op my laptoppie, sodat hierdie storie Maandagoggend kan verskyn. Dis nou te sê as ek dit reg skeduleer, want dís nou natuurlik ‘n heel ander storie!

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Mammatyd

Finesse Blogger van die week

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

Toortsie’s LCHF Journey

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Lawwighede; Tong-innie-kies and tagged , . Bookmark the permalink.

10 Responses to Oumense en tegnologie

  1. Dit klink so bekend!Weet jy Toortsie,ouer mense is toe glad nie so dom en ontegnologies as wat die jongeres uitmaak nie!Inteendeel,hulle groei daarmee op en ons moes dit langs die pad gryp…verg beslis meer breinkrag en intelligensie!😀

    Liked by 2 people

  2. Kameel sê:

    Klink oorbekend wat jy nou hier skryf. Vroër jare sou ons nou hier aan die Suidkus gekuier het.en nie ‘n siel sou daarvan geweet het buite ons huisgesin nie… en dié sou moes wag tot ons terug is om te hoor goe het die kuier verloop het. Nou kuier hulle dag vir dag saam en weet al ons doen en lates.

    Liked by 1 person

  3. Jip, ek is ook soos ‘n regte tiener heeldag op een of ander tegnologie wat verbind is aan die internet. Ek hoor nou die dag van ‘n ou tannie wat saam met haar dogter sou reis en toe vir die dogter vra of sy onthou het om die internet in te pak.

    Like

  4. Ek het ook altyd gesê my foon hoef net te bel & sms. Ek het vir jare geskop teen die prikkels van ‘n slimfoon, want ek haat die kits-beskikbaarheid en die feit dat mense hulle vingers klap (op knoppies) en verwag ek moet spring (met ‘n respons) want ek weet hulle weet ek het hulle boodskap gelees…

    Maar hier lê ek nou wawyd-wakker in my bed 3 uur in die oggend, en lees & skryf vir jou vanaf my slimfoon! 🙂

    Ek dink praat van “Allemense” en nie net van “Oumense” nie! 😉

    Liked by 1 person

  5. Terug pieng: Oumense en tegnologie – Wag 'n Bietjie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s