Versoekings

1 Kor 10:13: ‘Geen versoeking wat meer is as wat ‘n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.”

Ons bybelstudiegroep doen tans die boekie, Die Seun van God – Die lewe van Jesus in jou, deur Rick Warren. Die onderwerp van die week: Versoekings.

Aanvanklik dink ek aan versoekings wat my van my stiltetyd af weghou, soos ‘n besige lewe, of goed wat my aandag aftrek terwyl ek stiltetyd hou, soos my selfoon wat roep.  Ek besef later dat versoekings baie verder strek as wat ek gedink het.

Ons almal se versoekings verskil, my versoeking is nie joune nie en joune is nie myne nie. Dinge wat vir my moeilik is om te weerstaan, is vir ‘n ander geen probleem nie, en netso is daar weer dinge waaroor ek nie eers dink nie, wat vir ‘n ander persoon ‘n versoeking is.

Versoeking self is nie die sonde nie, maar wel my reaksie daarop. Wat maak ek as ek versoek word? Versoeking is ook nie ‘n teken van swakheid nie, maar juis dat ons dalk vir die duiwel ‘n bedreiging inhou. Dis vir hom belangrik dat ons struikel! Ons ALMAL word daarmee gekonfronteer, selfs die grootste Christen.

Ek kan nie heeltyd iemand anders oppas nie.  Ons het elkeen ons eie versoekings, en is elkeen self verantwoordelik vir hoe ons ons versoekings hanteer. Die ander ou se versoeking moenie my in die versoeking plaas om ook te sondig nie. Raak ek kwaad oor die ander persoon se verkeerde optrede of is die kwaadword dalk omdat ekself onseker voel?

Om ‘n versoeking te oorkom is baie moeilik, maar baie moontlik.  Jesus het versoekings weerstaan deur Woord te spreek en juis deur die Woord te bestudeer en te leef, leer ons die wil van God asook ons swakhede beter ken, en om Hom te vertrou. 

Deur ons eie swakhede te ken, kan ons potensiële gevaarplekke vermy of kan ons onsself voorberei om te verhoed dat ons struikel.

Warren skryf so mooi: Versoeking is ‘n misdaad teen jouself en daarom is dit nodig om jouself te beskerm daarteen. Hy skryf dat versoekings eintlik ons eie verkeerde begeertes is.

Steeds bly gebed die grootste antwoord. God help graag, veral as jy graag verlos wil word daarvan.

Warren beveel ook aan dat ons op iets anders moet fokus as die versoeking kom. Stap weg of praat oor iets anders. Vernuwe jou denke, en laastens, kry ‘n vriend wat jou help. Het jy so iemand? Iemand wat jy kan bel en vra: “Bid asseblief”?

Sterkte, dit is voorwaar nie maklik nie, maar moontlik. Ons almal kry maar daarmee te doen. Wilskrag alleen is nie genoeg om dit teen te staan nie, maar met die hulp van God is alles moontlik.

Toortsie

Toortsie by Finesse: Mammatyd

Finesse Blogger van die week

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

Toortsie’s LCHF Journey

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Toortsie se dagstukkies op Sondae and tagged , . Bookmark the permalink.

One Response to Versoekings

  1. Terug pieng: Versoekings – Wag 'n Bietjie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s