Baviaanskloof sal nooit weer dieselfde wees nie.

Laat nou ‘n klompie Overbergse boertjies los in die week in die Baviaanskloof en jy moet maar net weet dat dit daarná nie meer dieselfde een sal wees nie. Veral nie as hul nog almal saam in een huis bly en die kos vir hulle aangedra word nie.

Naweke wemel die Baviaanskloof glo van toeriste, maar in die week verbeel sulke Overbergers hul het die vryheid van die kloof! Alles word geïnspekteer en beproef en ‘n stoep wat leeg staan is net ‘n té groot versoeking om te weerstaan.  Tannie Babes se winkel se lekkervoorraad kry ‘n goeie knou en ons word behoorlik verras toe die héle groep eenuur die middag saamstap in die pragtige Bo-kloof tot daar waar die water by die klipskeur uitkom. En dan is daar nog Spogter, die donkie ook!

Met mnr Patric Ruyters as gids leer ons ALLES van Sewefontein en van PH Nortjé en die ‘legendariese minister JG Strydom’ wat op DAARDIE plaas gebore is. Hy moet behoorlik sy storie ken tussen hierdie superslim, superskerp boertjies. Hulle staan verstom oor die silwerskoon water wat konstant uitspuit en droom groot drome. Die wildevyeboord is ‘n belewenis. Die oopgrotblyplek kan net lekker wees.

Ons ry die res van die pas na Patensie en ys as ons dink dat ‘n klomp fietsryers sowaar ook hierdie pad wil aandurf.

Wat is lekkerder as lafwees tussen vriende?
Toortsie

Toortsie by Finesse: Mammatyd

Toortsie se Faceboekpage

The LCHF Traveller

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Reis-ervarings and tagged . Bookmark the permalink.

12 Responses to Baviaanskloof sal nooit weer dieselfde wees nie.

  1. Kameel sê:

    Is dit waarheen jy verdwyn het? Aan daardie foto is dit duodelik dat julle dit geniet het.

    Liked by 1 person

  2. Klink na n hemelse tyd, Toortsie!

    Like

  3. N.a.v die foto weet ek darem nie of Toortsie haar gedra het nie 😉
    Het al PH se boeke gelees sou kon verifieer al dan nie wat hy oor PH te se het – dit herinner my wil nog skryf oor my my PH “konneksie”.

    Liked by 1 person

  4. Toortsie sê:

    Of die Toortsie haar gedra het? 😉

    Like

  5. Terug pieng: Oumense en tegnologie | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  6. Terug pieng: Oumense en tegnologie – Wag 'n Bietjie

  7. Terug pieng: Baviaanskloof sal nooit weer dieselfde wees nie. – Wag 'n Bietjie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s