Morning – Oggend

This challenge is a photo challenge, but I am not a photographer at all and the best photo’s that I take, is with my cellphone! So I will write about my mornings, but unfortunately, it will be in Afrikaans.

Ek het dit by Scrapydo gesien, wat dit gesien het by Cheri. Die uitdaging is om iets anders van die oggend te skryf, anders as net die gewone sonsopkomsfoto. Nou vir my is die heel mooiste deel van die oggend die sonsopkoms. Elke keer wat ek dit sien, is dit vir my spesiaal.

Maar ek is regtig nie ‘n oggendmens nie en elke oggend sleep ek myself behoorlik uit die bed met my selfopgelegde opdrag om vir ons werkers te gaan Bybel lees. Dit is my roeping, ek het dit vir soveel jare geïgnoreer, ek het gehoop dat my man dit sal doen, maar dit was nie sý roeping nie. So, as ek die oggend net te lui is om dit te doen, herinner ek myself aan my roeping en staan op. Ek moet bieg, as my man die oggende nie hier is nie, staan ek nie op om te gaan Bybellees nie, en ek wil bysê dat as ek nie die oggend kan lees nie, my man dit met graagte doen.  Die beloning vir my daarin is die wete dat geen mens onveranderd kan bly as hy elke dag uit die Woord van God ‘n boodskap kry nie. Maar die grootste, onmiddellike beloning wat ek kry, is die mooi gebede wat uit die werkers se monde kom. Elke oggend kry een persoon ‘n beurt en dít, daardie opgregte, soms kinderlike gebed raak die hart diep.

Maar dán gebeur daar nog iets. Dan kom klim die Toortsie wéér in die bed met haar selfoon of tablet of selfs skootrekenaar en lees blogs of boeke of lê sommer net en broei tot opstaantyd. Ek glo steeds, soos my hele lewe nog, gee my net kans om in die oggend rustig wakker te word en ek gee vir jou 100% die res van die dag. Moenie met my foeter vroegoggend nie, jy gaan dit berou!

So, goeiemôre almal, dis nou opstaantyd, die dag wag!

Mooi loop

Toortsie

Hierdie bloginskrywing is geskeduleer, so dis nie die regte opstaantyd wat dit verskyn nie. Ek laat my blogs altyd rondom 6 vm verskyn, sodat wanneer ek opstaan, ek gou kan kyk of dit gepubliseer is of nie.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

8 Responses to Morning – Oggend

  1. seegogga sê:

    Toortsie- dis presies wat jy is!

    Liked by 1 person

  2. Terug pieng: Morning (Before Dusk) | What's (in) the picture?

  3. Lekker om darem te kan terugklim in die bed!

    Like

  4. Kameel sê:

    Ek stem….. moet nie in die oggende met my sukkel nie. Jou bybellees en die saad wat elke oggend gesaai word sal pragtige vrugte dra. Die Here se Woord keer nie leeg na hom toe terug nie.

    Like

  5. Ek is gelukkig n vroeg oggend mens. Moet net nie vir my vra om laat te slaap nie. As ek later opstaan is ek rerig brommerig en kort van draad. Klink so lekker om weer in die bed te klim en daar te lê en lees of nert rustig wees. Dankie vir die skakel na my blog, waardeer dit baie.

    Like

  6. Sjoe – dis mooi. Jy gee voorwaar om vir jou mense om jou.

    Like

  7. Terug pieng: Morning on the Mountain – Get Lost

  8. Terug pieng: Haiku: Cafeaua de dimineață – Morning coffe | look around!

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s