Toortsie se Toeka Tokkel oor soektog

In opdrag van Scrapydo.

Die een soektog wat ek my naam seker die grootste krater gemaak het, was die dag toe ek my spens se sleutel gesoek het. Ek het my spens die dae wat die huishulp hier is, gesluit, toe is die sleutel net heeltemal weg en ek moet vir haar vra of sy dit nie gesien het nie. Ek het ‘n AAP gevoel. Die sleutel was toe al die tyd in die onderbaadjie wat ek die oggend aangehad het, se sak. Sonder daardie sleutel kan ons nie eet nie, behalwe darem vleis en dit wat in die yskas is!

As ek die foto van die kameelryery in Egipte sien, dink ek altyd aan Glory se bril wat weggeraak het. Ek verstaan steeds nie hoe dit gebeur het nie. Eintlik verstaan ek, want nou die dag het die wind my bril ook afgewaai, toe sê ek, nou weet ek hoe Glory se bril afgewaai het.  Sy dra ook permanent bril.

Ons het almal daar op die kamele sit en wag en ek kan nie dink dat die wind so erg gewaai het nie. Doodstil het ons daar gesit, want ek weet nie wanneer die kameelhanteerder die opdrag gee en die kameel regop spring nie. Anders as in Israel, waar mens moet klou vir al wat jy werd is omdat die kameel eers met sy agterpote opstaan en dan met die voorpote, spring die Rooi See kamele op een slag op, en ek het nie geweet wanneer dit gaan wees nie.

Nou ja, skielik is die kamele op hulle bene en ons ‘karevaan’ begin beweeg.

Toe ons by die eindpunt kom, is Glory se bril weg! Hoekom sy nie dadelik vir haar ouers gesê het toe sy dit verloor, weet ek nie, dalk het sy, maar dan sou ons mos dadelik gestop het. So, nadat ons toe die dag heerlik by die Rooi See verwyl het, ‘n klomp het gaan duik en die koraalriwwe geniet, die Toortsie was te bang, is ons in voertuie terug na ons hotel. Iewers stop ons toe in die woestyn, daar waar Glory vermoed die bril het afgewaai, en begin ons stap en soek .., maar helaas, ons kon nie die bril vind nie. Dalk het ‘n Bedoeïen dit gevind en kan sy darem nou ook sien! Wie sal ooit weet?

Terloops, die Rooi See se water is nie rooi nie, maar blou.

Toortsie

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Reis-ervarings, Toortsie se Toeka Tokkel stories. Bookmark the permalink.

13 Responses to Toortsie se Toeka Tokkel oor soektog

  1. Kameel sê:

    Sou my bril verlore raak op vakansie sou die res van vakansie maar bra vaal gewees het!!!

    Like

  2. Ag Toorts, jy het niks om oor sleg te voel nie. My liewe oudste seun het gister sy stel huissleutels verlê en ons het ver en wyd gesoek totdat sy ma die briljante idee gehad het om in die vuilgoeddrom te kyk. Ma verstaan, want sy is net so verstrooid soos haar seun.

    Like

  3. Ai ons is soms ons eie grootste vyande

    Like

  4. Ek soek gedurig my leesbril en dan is hy gewoonlik op my kop!

    Liked by 1 person

  5. Dis nie so goed as jou bril weg is nie… hoe sien n mens dan om te soek, ha, ha…. ek spot sommer.
    Die sleutelsoektog gebeur by almal en meestal op die onmootnlikste tye. (My rekenaar is so stadig- ek het lankal klaar geskryf dan begin hy eers dit te druk!!!! Hy hou my op!!!!) Moet n ondervinding wees so op die kamele se rug.

    Like

  6. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 28: STRIK – I scrap 2

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s