Is dit regtig Hy?

Matt 6:17: ‘Daar was ook ‘n stem uit die hemel wat gesê het: “Dit is my geliefde Seun. Oor hom verheug Ek My.”‘

Soveel mense probeer Jesus Christus verdag maak. Selfs sommige teoloë maak deesdae vraagtekens. Is Jesus Christus regtig wie die Bybel sê hy is? Sommige sê Hy is net ‘n profeet, ‘n ‘goeie man’ wat geleef het. Party mense sê daar is gefoeter aan die Bybel, inligting is verdraai, daar is geen bewyse dat Hy opgestaan het uit die dood nie, sê hulle. Islam verkondig dat hulle nou die ‘laaste’, die ‘regte’ geloof is. Dit kan maklik veroorsaak dat ‘n mens maklik aan die twyfel raak.

Soveel keer is daar in die Ou Testament verwys na die Koning wat gaan kom, die Nuwe Wêreld wat Hy gaan inlyf, almal het in verwagting vir Hom geleef. En toe Hy kom, herken hulle Hom nie, selfs nie nadat elke moontlike voorspelling oor Hom waar bewys is nie. Maar mens kan redeneer dat dit toevallighede is.

Vir my is lê die bewys daarin dat Hy, ná Sy dood en opstanding, verskyn het aan soveel mense, mense wat bereid was om ten spyte van felle vervolging steeds die wonderlike nuus aan ander oor te dra, mense wat bereid was om te sterf vir dit wat hulle glo en gesien het.

Dat ek ‘n lewende verhouding met Hom het, tel ook vir my baie. In my lewe gebeur net te veel ‘toevallighede’, ek kry antwoorde op vrae wat net ek weet ek het, sonder dat ek eers daarom soek. Ek sien God se beskerming in my alledaagse bestaan, Sy antwoorde op my gebede. Maar asof dit nie genoeg is nie, bewys die Bybel self dat Hy die Seun van God is deur verse soos Matt 6:17 en ook toe Jesus gesterf het sê die Bybel in Matt 27:51 dat daar bonatuurlike dinge gebeur het. Die voorhangsel van die tempel het middeldeur geskeur, die aarde het geskud en rotse het uitmekaar gebars. Grafte het oopgegaan en gelowiges wat dood was, was opgewek en het aan mense verskyn.

In Openbaring 22:13 sê Jesus hierdie belangrike woorde: “Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde.” Ons moenie ons deur dwaalleraars laat verwar nie. Ons mag níé eendag gevang word en sê dat ons nie geweet het nie.

Sonder twyfel sê ek, Jesus IS wie Hy sê Hy is, die Seun van die Lewende God. Hy is self God.

Het jý al gekies? Ek het my keuse reeds gemaak.

Groete

Toortsie

2 thoughts on “Is dit regtig Hy?

  1. Dankie vir daardie great belydenis. My “go to” versie met hierdie saak is altyd Hand 15:5. Hier wors gepraat van Paulus wat na die groot kokkedore in Jerusalem gekom het om ‘n saak van kardinale belang te besleg. Vers vyf praat van “gelowiges wat vroeër Fariseërs was”
    Dit beteken net dat die grootste skeptici van Jesus hulleself bekeer het en in Hom geglo het. Daar kan net een rede wees waarom hierdie sien-is-glo bende gelowig geword het. HULLE HET DIE OPGESTANE JESUS MET HULLE EIE OË GESIEN!!!!!! Nie net Sy dissipels en vriende sn vroue nie maar sy vyande. BOEM!!!!

    Like

Gesels saam, asseblief!