Toortsie in die media

Skielik  begin dinge gebeur!

Toortsie se Bantingboerkosboek is amptelik op 16 Desember 2015 uitgegee. Jan Greyling, van die Agrimegagroep, het ‘n persverklaring gedoen wat, sover ek weet, in die Caledon Venster verskyn het. Jan Greyling het ook ‘n radio-onderhoud met my gedoen, wat uitgesaai is op Radio Overberg. Julle kan die onderhoud HIER luister.

13901462_1768267363387046_6900789881804996361_n 13895429_1768266306720485_3158320179399400797_n

Intussen, niks met die boek te doen nie, is ek deur Gerda van Finesse genader om weekliks vir hulle blog te skryf. Hierdie week se stukkie gaan oor die groenteboer van Suurbraak. Maar dis nie al nie! In die nuwe Finesse, die regte tydskrif, wat op 8 Augustus verskyn, het hulle sowaar een van my bloginskrywings geplaas! Dis sowaar ‘n heel, heel eerste vir my! Baie baie dankie! Ek glo darem al die bloggers kry so een-een ‘n beurt.

Danksy ‘n gesprek met Esther Möller, stigter en eienaar van Low Carb Directory en ook die uitgewer van die tydskrif met dieselfde naam, het ek die vooreg om maandeliks daarin ‘n artikel te kan plaas. Sjoe! WAT ‘n voorreg!

Stilletjies het die dinge ontwikkel en Jan Greyling het weer ‘n persverklaring uitgereik. Danksy hierdie persverklaring het dinge skielik begin gebeur!

Die eerste wat die persverklaring gepubliseer het, was Agriorbit.

Intussen het nog ‘n E-tydskrif kontak gemaak en kom my stukkie ook maandeliks in die Agrikombuis! Kliek op HIERDIE SKAKEL vir ‘n regtig oulike kostydskrif, die meeste van die resepte is deur Ina Paarman voorsien. My heel eerste poging in twee E-tydskrifte! Daar is natuurlik by elkeen ‘n reseppie ook, so julle sal maar op die skakels moet kliek as julle dit wil hê, van ‘n broccolisop wat regtig lekker is.

Agri Kombuis Low Carb Direct

Maar wag! Kyk ‘n bietjie hierdie foto! 🙂 Hierdie Toortsie moet net oppas of sy skrik wakker uit hierdie lekker droom!

13892344_10208914636216717_4071147811342391675_n

Radio Tygerberg! WOW! In onderhoud saam met Ingrid Venter-Groenewald. Op 12 Augustus 2016 om 9 nm en 14 Aug 5:30 nm het ek ‘n getuienisgeleentheid op die program, Draaipunt waar ek vertel hoe hierdie boek absoluut ‘n geskenk van God was en waar ek net die pad moes loop wat vir my uitgelê was. Op 25 Aug 11:10 vm is dit ‘n boekbekendstlling op die program, Boekrak. Baie dankie, Ingrid, dis ‘n GROOT geleentheid vir my!

So dis die storie! ‘n Hele klomp goed wat gelyk gebeur het. Steeds bly my gebed dat God sal kyk dat ek dit wat oor my pad kom, sal kan hanteer, dat Hy die goed wat ek nie kan en moet hanteer nie, sommer sal verby hou, en dat ek maar sommer net ek sal bly, die boervrou van die Overberg wat bly is vir elke geleentheid wat oor my pad kom, maar wat besef dat dit alles net genade is van Bo. Niks anders nie.

Groete

Toortsie

 

 

 

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

8 Responses to Toortsie in die media

  1. seegogga sê:

    Ag Toorts! Dis net eenvoudig WONDERLIK!!! On 5 Aug 2016 06:29, “Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie” wrote:

    > Toortsie posted: “Skielik begin dinge gebeur! Toortsie se > Bantingboerkosboek is amptelik op 16 Desember 2015 uitgegee. Jan Greyling, > van die Agrimegagroep, het ‘n persverklaring gedoen wat, sover ek weet, in > die Caledon Venster verskyn het. Jan Greyling het ook ‘n radi” >

    Like

  2. Kameel sê:

    Een van die dae kan ek “brag” dat ek jou ken 😉 Ek gaan nie sê geluk nie want ek glo nie aan geluk nie maar aan God wat deure oopmaak en sy kinders seën. Be blessed!!!

    Like

  3. Sarie sê:

    Baie geluk. Jy’s regtig baie oulik. Volg jou met belangstelling.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s