Sommer oor blywees oor die reën

Dit het vannag weer lekker gereën by ons en op ‘n stadium sê my huishulp: “Die witmense is so bly oor die reën.” Sy sê sy hou nie daarvan dat dit so baie reën nie.

Ek verduidelik vir haar dat dit vir hulle net so belangrik is dat dit reën as vir ons. Want as dit nie reën nie, groei ons graan nie en het ons nie ‘n oes nie en het ons nie geld om vir hulle te betaal nie. So dit raak vir hulle direk as dit reën, hulle werk en hulle salaris hang, net soos ons s’n, 100% van reën af.

Ek vertel toe ook vir haar dat Suid-Afrika ‘n waterkrisis het en dat daar dorpe is wat sonder water is. Ja, party van daardie ‘sonder water’ is dalk ‘n direkte gevolg van swak bestuur ook, maar ons woon in ‘n droë land. En ons water kom net van een plek af, en dit is reën. Dit is hoekom dit vir ons almal nodig is om water te spaar.

Ek kan nie help om aan Denemarke te dink wat tog baie reën kry nie en so heilig is op hulle waterbronne. Wat maak SA anders? Net dat ons baie meer mense het en baie minder water!

Ek verstaan dat dit nie altyd lekker is as dit reën nie. Vir my is dit heerlik want ek is knus binne-in my eie huis. Vir die persoon wat in reën en wind en weer moet uitgaan en gaan werk kan dit sekerlik nie lekker wees nie. Vir die bergie op straat wat net een kombers het, dalk nie eers een kombers nie, dalk net ‘n koerant as hy gelukkig is, moet dit verskriklik wees. Wanneer die reën in ‘n stormvorm kom en jou huis, of nog meer, jou gehuggie kom oorstroom en alles kom wegvat wat jy besit, ek kan my nie indink hoe dit moet wees nie.

Tog kom elke ding met ‘n prys en vir ons om lekker te kan leef en water in ons kraan te hê, is die verduur van ‘n ‘n bietjie reën en koue eintlik ‘n nietigheid. Met ons afgelope reën het dit so ingewaai in my huis in, dit het op plekke gereën binne-in my huis waar dit nog nooit voorheen gereën het nie. Dit het getip, gedrup, gesjor binne-in my huis. Ek het maar die goedjies so ‘n bietjie weggeskuif en emmers gesit waar nodig.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Die groenteboer van Suurbraak

Toortsie se Facebookpage

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebookpage

Toortsie’s LCHF Journey  Lees gerus my Before & After storie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Overberg, Plaaslewe en Landbousake. Bookmark the permalink.

9 Responses to Sommer oor blywees oor die reën

  1. Olga sê:

    Eienaardig hoe die mense nie die belangrike rol wat reen in ons lewens en welstand, besef nie. 😉 Geniet elke druppel, die in die huis ook.

    Liked by 1 person

  2. Water is lewe en die kom net van bo!Ek vererg my altyd as mense kla wanneer reën hulle buitemuurse pret bederf!

    Liked by 1 person

  3. Kameel sê:

    Die reën was baie welkom, maar ek is voorwaar dankbaar dat dit droog gebly het in die huis. Hester moes ook tydelik droër plek kry om te bly want so het dit ingereën. Sy bly nie vêr van waar ons nou aan Suidkus is nie.

    Like

    • Kameel sê:

      O liewe, ek wonder nou oor die voëlnes want as dit reën loop die water onder die “French doors” deur. Gaan my nie nou daaroor bekommer nie, sal maar kyk wat wag vir my.

      Like

  4. Het die naweek na 2de waterval Jonkershoek gestap – hoop om perdebytjie jaloers te maak met my fotos 🙂 . Aan die onderkant van die waterval het ‘n reenboog gevorm vlak voor ons voete. Ons bespreek toe wat aan die onderkant van die reenboog gaan wees aangesien ons die teorie nou kan beproef: goud of dalk cryptocurrency soos Bitcoin? Dit was egter iets van veel groter en onskatbare waarde, iets waarin mens, dier en plan kan verheug: lewendgewende water!

    Like

  5. Weet jy, dit is vir my ALTYD lekker as dit reen… dis in my bloed as boerseun. SOms as dit reen gaan staan ek buite… ek wil dit voel teen my vel, want vir my is reen lewe. (Verskoon my spelling as ek ALT+137 druk wil my google my wegvat na ander webwerwe *sug*

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s