Toortsie se Toeka Tokkel oor ‘n byt wat ek nooit sal vergeet nie

In opdrag van Scrapydo. 

‘n Rukkie terug het ek al gesien dat hierdie opdrag kom en ek het op daardie stadium iets baie swaar op my hart gehad en in detail daaroor geskryf, van ‘n byt wat iemand vir my gegee het. Intussen het ek dit al herskryf en nog weer, tot by die bloginskrywing wat dit vandag is. Om die waarheid te sê, die lewe loop aan en die skrywery het gehelp om dit uit my gestel te kry, maar ek is bly dis nooit gepubliseer nie.

Natuurlik is die logiese keuse die spinnekopbyt wat ek ‘n rukkie terug gehad het, maar geen spinnekopbyt, slangbyt, muskietbyt, noem dit op, kan opmaak vir die seer wat die byt van ‘n mens kan gee nie. Met een van genoemde byte kan ‘n mens baie siek word, jy kan selfs ‘n ledemaat verloor, waarvan ek natuurlik geen ondervinding het nie en daarom kan ek nie regtig ‘n oordeel daaroor fel nie, maar ‘n mens kan behandeling daarvoor ontvang. Die byt van ‘n mens kan ook behandel word, ‘n mens kan daaroor groei, die wond kan herstel oor ‘n baie lang tyd, tog lui die spreekwoord nie sonder rede, ‘Once bitten, twice shy’, nie.

Olga se storie van haar kind wat die tandarts se hand gebyt het, het my lekker laat lag. Kinders is mos maar lief om deur ‘n bytfase te gaan en my tweeling het daardie kuns behoorlik vervolmaak. Hulle lyfies was vol bloumerke soos hulle mekaar gebyt het. Hulle het dit nie gewaag om vir mý te byt nie, ek het teruggebyt! Met mening. Een dag kuier ons by die familie en die niggie wat net so oud is soos hulle kom met oop kake na my toe, reg om my te byt. Ek sê toe heel kalm vir haar dat sy maar kan byt, maar ek belowe haar ek gaan haar terugbyt en ek byt baie seer. Klips, val haar mond toe!

As ek aan Scrapydo se bytstorie dink, is die gogga wat  my die beste en blywendste ooit gebyt het, die toergogga. Ek hoop my lyf gaan my nog lank toelaat om aan daardie byt aandag te kan gee!

Groete

Toortsie

Toortsie by Finesse: Die groenteboer van Suurbraak

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekpage

Toortsie’s LCHF Journey

21 thoughts on “Toortsie se Toeka Tokkel oor ‘n byt wat ek nooit sal vergeet nie

  1. Knik net my kop oor die byt wat ‘n mens gee. 😉
    Chanté het so gebyt tot die dag toe Jay weer huulend inhardloop met ‘n lelike bytplek aan haar. Net daar vat ek die drie jarige Chanté se arm en byt haar behoorlik. Dit was die einde van haar bytery.

    Liked by 1 person

      1. Ek het darem net daardie eenkeer want Chanté was die enigste bytende tussen die klomp. Maar ek sou net so lekker teruggebyt het was almal byters. Niks om oor skaam te voel nie.

        Like

      2. Ek het net my oudste seun gebyt nadat hy my bobeen stukkend gebyt het deur die materiaal van my langbroek! Dit was ter erg vir hierdie ma en ek het hom séér gebyt. Haha, hy was baie verbaas toe ek hom eendag, jare later, vetel het hoe hy genees is van sy bytgewoonte.

        Like

  2. 😆 My kinders was nie byters nie. Hulle sou soms sommer gebyt het, dan het ek teruggebyt. Dikwels as ander se kinders my gebyt het, het ek hulle teruggebyt ook. Ek het soos regtig ‘n veer gevoel oor hulle viesheid, hulle het dit oulik gevind as hulle kinders gebyt het, daarom moes hulle die feit dat die kind teruggebyt word mos net so oulik gevind het. As hulle my kinders ook gebyt het, het ek hulle gebyt.

    Like

Gesels saam, asseblief!