Toortsie se Toeka Tokkel oor ‘n byt wat ek nooit sal vergeet nie

In opdrag van Scrapydo. 

‘n Rukkie terug het ek al gesien dat hierdie opdrag kom en ek het op daardie stadium iets baie swaar op my hart gehad en in detail daaroor geskryf, van ‘n byt wat iemand vir my gegee het. Intussen het ek dit al herskryf en nog weer, tot by die bloginskrywing wat dit vandag is. Om die waarheid te sê, die lewe loop aan en die skrywery het gehelp om dit uit my gestel te kry, maar ek is bly dis nooit gepubliseer nie.

Natuurlik is die logiese keuse die spinnekopbyt wat ek ‘n rukkie terug gehad het, maar geen spinnekopbyt, slangbyt, muskietbyt, noem dit op, kan opmaak vir die seer wat die byt van ‘n mens kan gee nie. Met een van genoemde byte kan ‘n mens baie siek word, jy kan selfs ‘n ledemaat verloor, waarvan ek natuurlik geen ondervinding het nie en daarom kan ek nie regtig ‘n oordeel daaroor fel nie, maar ‘n mens kan behandeling daarvoor ontvang. Die byt van ‘n mens kan ook behandel word, ‘n mens kan daaroor groei, die wond kan herstel oor ‘n baie lang tyd, tog lui die spreekwoord nie sonder rede, ‘Once bitten, twice shy’, nie.

Olga se storie van haar kind wat die tandarts se hand gebyt het, het my lekker laat lag. Kinders is mos maar lief om deur ‘n bytfase te gaan en my tweeling het daardie kuns behoorlik vervolmaak. Hulle lyfies was vol bloumerke soos hulle mekaar gebyt het. Hulle het dit nie gewaag om vir mý te byt nie, ek het teruggebyt! Met mening. Een dag kuier ons by die familie en die niggie wat net so oud is soos hulle kom met oop kake na my toe, reg om my te byt. Ek sê toe heel kalm vir haar dat sy maar kan byt, maar ek belowe haar ek gaan haar terugbyt en ek byt baie seer. Klips, val haar mond toe!

As ek aan Scrapydo se bytstorie dink, is die gogga wat  my die beste en blywendste ooit gebyt het, die toergogga. Ek hoop my lyf gaan my nog lank toelaat om aan daardie byt aandag te kan gee!

Groete

Toortsie

Toortsie by Finesse: Die groenteboer van Suurbraak

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekpage

Toortsie’s LCHF Journey

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Toortsie se Toeka Tokkel stories. Bookmark the permalink.

21 Responses to Toortsie se Toeka Tokkel oor ‘n byt wat ek nooit sal vergeet nie

  1. Bwahahaa – “…kom met oop kake na my toe…” – ek kan die kleinding net sien! Goeie stukkie opvoedingswerk wat jy daar gedoen het.

    Like

  2. Kameel sê:

    Knik net my kop oor die byt wat ‘n mens gee. 😉
    Chanté het so gebyt tot die dag toe Jay weer huulend inhardloop met ‘n lelike bytplek aan haar. Net daar vat ek die drie jarige Chanté se arm en byt haar behoorlik. Dit was die einde van haar bytery.

    Liked by 1 person

  3. Ek glo nogal aan die terugbyt,want dis al manier hoe so ‘n kleintjie die boodskap kry.Baie goed geskryf,Toortsie!

    Liked by 1 person

  4. Olga sê:

    😆 My kinders was nie byters nie. Hulle sou soms sommer gebyt het, dan het ek teruggebyt. Dikwels as ander se kinders my gebyt het, het ek hulle teruggebyt ook. Ek het soos regtig ‘n veer gevoel oor hulle viesheid, hulle het dit oulik gevind as hulle kinders gebyt het, daarom moes hulle die feit dat die kind teruggebyt word mos net so oulik gevind het. As hulle my kinders ook gebyt het, het ek hulle gebyt.

    Like

  5. Klink vir my of daar ‘n paar haaie op droë grond rondloop!

    Like

  6. seegogga sê:

    Mmmm en wat van die skryfgogga se byt? Hy is mos nes ‘n skilpad. As hy byt, los hy nie weer nie!

    Like

  7. Nou het ek darem lekker gelees oor die bytende kinders en mammas. Dis egter al hoe mens so n byt oplos. Die ouens het ook lekker saam gesels. So bly om sulke lekker reaksie te kry op die temas. Dankie vir jou lekker beskrywing.

    Liked by 1 person

  8. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 27: Soektog – I scrap 2

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s