Hello Google!

Hierdie naweek het ek baie en uiteenlopende dinge beleef, maar Google het my verstom.

Eerste van alles moes ek nou op my oudag leer om Google Maps te gebruik. Plaas dat ek dit al destyds geweet het toe ek die hele Gauteng platgery het op soek na Unisa! Dom antie wat ek is, probeer ek steeds die adres intik, maar hoe werk hoek van hierdie en daardie straat? Die mooiste van alles is nog dat ek al ánder mense reg gehelp het maar self nie besef het hoe dit werk nie.

So, in plaas van om die adres te soek van ‘n besigheid, tik ek net die naam in en op die kaart wat verskyn, sê jy ‘go!’. Ja jaaa ek weet! Julle doen dit al lankal, maar ek is al daar waar, as ek moet stad toe ry, ek sommer my dogter vra om te bestuur.

Behalwe hierdie groot les leer ek toe van OK Google. Ken julle dit? Dit moet eers opgestel word. Dan sê ek hard vir my foon: “Okay Google” en hopelik piep Google dan vir my en dan kan ek hom ENIGE iets vra, soos: ‘Navigate me to the SPUR’, of “What is 12×12?”, of ‘call Piet Pompies’  en die volgende oomblik beduie hy hard en duidelik vir my die pad, of die stem gee my die antwoord vir my vraag of hy bel die persoon vir wie ek hom gevra het om te bel! Jollie oulik, sê ek jou. Dis te sê as hy lus het!

So, “Okay Google, wish all my blogging friends a happy week”.

Toortsie

Solank ek net sal onthou dis OKAY en nie hello Google nie! Ingewikkeld.

Toortsie se Facebookpage

Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekpage

Toortsie by Finesse: Malgas se pont

Toortsie’s Banting Bash BLOG

19 thoughts on “Hello Google!

  1. Toortsie,jy vorder fluks met die tegnologie..ek is skoon jaloers!Ek kyk nog in die padatlas,maak ‘n intense studie om dit uit my kop te onthou en dan is dit ‘n eenrigting en siedaar al my planne is in die wiele gery!

    Like

  2. Jy bly nie in die stad nie dit kom ek agter…. of jy het nie ‘n man en kinders wat al hierdie wonderbaarlike goed op jou foon laai en wys om te gebruik nie. Die een wat ek van hou is google earth…. enige plek waar ek wil gaan rondloop tik ek net plek in en siedaar is ek oor die wêreld en loop heerlik rond en bekyk al die geboue, huise ens. Ek het al in scrapy se straat gaan rondloop… maar sy crook, konnie haar huis van aangesig tot aangesig sien nie….. daar is net een ingang maar twee huise, en sy bly in die agterste huis. Lekker google Toortsie!!!

    Like

    1. Gits! Het jy al hier by MY ook geloer? Ek moet vir jou die ko-ordinate stuur!
      En nee, soos jy duidelik uit my bloginskrywing agterkom, ek kom affie plaas af. Maar dit is nou maar wie ek is en julle sal my maar moet opgebruik so. Elke keer wat ek in die stad kom, kom ek agter, ek het nog ‘n bietjie meer plaas gewoond geraak! Ai toggie! Maar my een naggie in die stad het skielik langer geraak omdat ek te goed gekyk het waar ek ry en toe ‘n versperring en randsteen langs die pad raakgery het, maar my boereman het ‘n plan gemaak en ek is weer mooi veilig terug by die huis.

      Like

    2. Net om jou ‘n idee te gee: Op die oomblik loop hier twee fisante hier reg voor my kantoorvenster verby en daar anderkant onder die boom loop ook een. Wag, hier kom hy nou na die ander twee toe en hier kom NOG een! Sowaar, daar ios NOG een! Lyk my hier is vandag ‘n fisantevergadering reg voor my kantoorvenster. Kan jy nou meer!

      Like

      1. Definitief ‘n vergadering…. Toortsie se sewe skandes is vandag die bespreking!!! Eerste natuurluk op die lys is jou bestuursvernuf!!

        Like

    1. Ja, ek dink eintlik die uitsluitsel van die vergadering van die fisante was dat ek nie met my kar wat gemaak is om oor berge en dale te ry, op die stad se paaie moet loop ry nie. Blykbaar gevaarlik, sê hulle! Hoor jy, Kameel? 🙂

      Like

Gesels saam, asseblief!