Sterk en vasberade

Josua 1:9: “Ek self gee vir jou die opdrag.  Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.”

Dis die vers wat oor en oor in my gedagtes gekom het hierdie week. Wees sterk, wees vasberade, moenie bang wees nie. Glo in God.

En anders as hoe dit gewoonlik gaan wanneer ek ‘n bloginskrywing maak, het ek hierdie keer nie woorde om te skryf nie. Al wat ek het, is die begeerte en die wete dat ek hierdie vers met jou moet deel sonder enige kommentaar. Ekself het hierdie week vreemde gebiede betree, ek is in my eie lewe in ‘n seisoen van verandering, ek was nou in ‘n tyd van totale stilstand soos by ‘n rooi robot, maar die lig het oranje geraak. Hier begin dinge gebeur, ek voel of ek in wegspringblokke staan, gereed vir die skoot wat gaan klap, die lig wat groen gaan raak.

God bly vir my sê: “Wees sterk, wees vasberade”, oor en oor sê Hy dit vir my soos Hy dit destyds vir Josua ook gesê het. Wees sterk! Wees vasberade! En die drang in my is so groot om dit ook vir jóú te sê: “Wees sterk, wees vasberade! Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want God is oral by jou waar jy gaan.” Vat dit vir jou, hierdie wete dat God by jou is ORAL waar jy gaan. Maak dit jou eie sodat jy  ligvoets deur die lewe kan gaan met die wonderlike beskerming wat net God vir jou kan gee.

Mooi loop, maar onthou, wees sterk! Vasberade!

Toortsie

(En toe het daar tog woorde uit my vingers gekom! Alle eer aan God!)

Toortsie se faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekpage

Toortsie by Finesse: Malgas se pont

8 thoughts on “Sterk en vasberade

  1. Amen. Dis in die geesteswêreld hierdie gevoel dat God groot planne het en besig is om sy kinders gereed te maak. Ons hoor dit in die kerk, of sommer net wanneer jy met een van sy kinders praat. Ons sit in afwagting….. hou van die manier waarop jy dit stel: staan gereed in wegspringblokke.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!