Mense met durf

Mense met durf was nog altyd vir my ‘n inspirasie, iets om na te streef. Soos Broer Andrew van Geopende Deure wat, toe sekere lande deur Kommunisme toegemaak is vir die wêreld, hy met sy klein karretjie teen die stroom in Bybels begin insmokkel het na geslote lande. Sy moedige poging het die begin aangeteken van ‘n wêreldwye organisasie wat orals ‘n groot verskil maak waar Christene erg vervolg word. Ek het een keer die voorreg gehad om sy hand te skud, en dit natuurlik opgemors met een of ander simpel opmerking.

My eie oom Kotie en tannie Miemie het in tye toe Afrika nog vir veral wit Suid-Afrikaners ‘toe’ was, stokalleen met ‘n bakkie gery tot by die ewenaar. Ja, deesdae doen mense dit en nog baie meer, maar in daardie tyd was dit regtig nuuswaardig.

Sondag vertel ons predikant ons van Cliff Young, ‘n 61 jarige aartappelboer van Australië wat die uitmergelende 875 km ‘Sydney to Melbourne Ultramarathon’ loop hardloop het en dit gewen het terwyl hy ‘n oorpak (overall) en waterskoene (gumboots) gedra het. Die mooiste is dat hy ‘n rekord opgestel het en die prysgeld uitgedeel het aan die ander atlete! Hy het glo nie geweet daar is prysgeld betrokke nie! Hy het dit daarná vir nog baie jare gedoen.

Hier in ons omgewing is oom Nico Laubsher wat met sy bakkie van Agulhas tot by Kaïro gery het, so ‘n paar jaar gelede. Ja, ek weet daar is nog mense wat dit doen, maar ek dink nie dis heeltemal ‘n algemene ding nie.

Tans trek ‘n fietsryer my aandag wat besig is om met sy fiets te trap van Agulhas tot by Kaïro.  Johan Joubert het al destyds toe hy nog ‘n jong man was, van Pretoria af huistoe (Bredasdorp) getrap met sy fiets. Nou is hy besig om te trap vanaf Agulhas tot Kaïro met sy fiets! Stok-alleen! Vir my, wat nie eers 3 treë met ‘n fiets kan trap nie, is dit net fantasties. Wish you well!

Toortsie

Toortsie se faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekpage

Toortsie by Finesse: Malgas se pont

Advertisements

5 thoughts on “Mense met durf

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s