Toortsie se Toeka Tokkel oor drome

In opdrag van Scrapydo.

Kyk, ek is bedrywig snags en kan vreeslik droom en praat en soms selfs rondloop in my slaap. Party drome kan my behoorlik omkrap ook en ek het al geleer om dan vir God te vra om nie weer vir my daardie droom te stuur nie, Hy het beslis mos darem ouliker en lekkerder drome in Sy kas!

Lewensdrome is natuurlik iets anders. My grootste lewensdroom het een dag sommer net by my mond uitgeborrel teenoor iemand wat dit duidelik nie verstaan het nie. Dit was Oktober/November in ons finale jaar op universiteit. Ek en die dame, ons was nie in dieselfde vriendekring nie en het mekaar nie só goed geken nie, praat toe oor wat ons die volgende jaar gaan doen en hier, uit die bloute sê ek: “Ek wil maar net eendag die beste vrou vir my man wees en ma vir my kinders.” Sy het iets gemompel van ambisieloos, maar as ek nou terugkyk na ‘n vol lewe tot nou toe, was dit nog altyd die goue draadjie wat ek probeer vashou het. Natuurlik was ek dit nie altyd nie, natuurlik moes hul ook maar baie keer opoffer of die spit afbyt ter wille of as gevolg van my, maar dit was maar daar, ‘n poging om dit te wees. Ek wonder of hulle sal saamstem, ma’s maak maar baie foute! En ek is mos glad ook nie so hoogheilig nie!

Om ‘n boek amptelik uit te gee met my naam op, was regtig nie een van my lewensdrome nie. Ek kom uit ‘n handelsagtergrond en ons is mos eintlik swak met woorde. Nou gaan ek ietsie bieg: Toe ek begin blog het, het ek so stilweg gehoop een of ander tydskrif sien my raak, maar dit was regtig ‘n skrale hoop, want as ek so deur die tydskrifte blaai, sien ek net my tekortkominge. Tydskrifartikels is goed geskryf, lig, lewendig, fantasties! Later het ek begin dink om dalk net so ‘n klein, dun boekie uit te gee oor ‘n spesifieke onderwerp waaroor ek baie skryf, soos Troutoortsie of Tong-innie-kies-Toortsie. Maar die tyd ontbreek regtig en ek kom maar nie daarby uit nie. As ‘Pay it forward’-projek het ek een keer ‘n resepteboekie gemaak met 40 van my gesin se gunstelingreseppies daarin, Tameletjie Toortsie en dis tóé wat Seegogga, sonder dat sy dit besef het, ‘n saadjie geplant het wat gegroei het tot  Toortsie se Bantingboerekos  en Toortsie’s Banting Bash!

En soos soveel keer in my lewe gebeur, weet God van my kleinste gedagtetjies en stuur Finesse se mense na my blog. En híérdie noem ek klein geskenkies van God af, want nét Hy het geweet van my kleine droom dat ‘n tydskrif my sal raaksien en dan nog die een tydskrif wat ek al die jare gekoop het ook nog!

Droom jou drome, maar meer nog, leef jou lewe. In die proses van lewe leef, word drome soms sonder dat jy dit agterkom, waar. Hoe sê daardie Bybelvers, iets soos dat God dit vir Sy bemindes in hulle slaap gee. Mooi nê!

Mooi loop

Toortsie

Toortsie by Finesse: Malgas se pont

Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad

Toortsie se Faceboekblad

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Toortsie se Toeka Tokkel stories and tagged , . Bookmark the permalink.

10 Responses to Toortsie se Toeka Tokkel oor drome

  1. seegogga sê:

    Jy vedien a d goeie goed wat na jou kant toe kom, Toortsie! Geluk ook met d Engelse boek!

    Liked by 1 person

  2. Baie mooi drome wat tog op ou einde wel waar geword het. Algaande raak jy beter en beter. Dankie vir jou mooi droom bydrae.

    Liked by 1 person

  3. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 26: n Byt wat ek nie gou sal vergeet nie of steeds onthou – I scrap 2

  4. Kameel sê:

    So weet ons nie wat vir ons in die lewe voorlê nie, en wie weet wat die Here nog vir jou beplan het. My gebede vir my kinders is dat dit wat God in gedagte gehad het toe Hy hulle beplan het, en die werke wat Hy vir hulle voorberei het… dat hulle dit sal uitlewe, en nie hulle eie wil nie. Hy sê mos “I know the plans I have for you says the Lord, plans to prosper you and not to harm you, plans to give you a future and a hope.” Wat meer kan ons vra?

    Like

  5. Ek het nooit enige drome gehad nie…het die lewe gevat soos hy kom.Mooi geskryf Toortsie!

    Like

  6. Pragtige droom … hoop jy werk aan die volgende een

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s