Hierdie week het daar soveel goed in LCHF-wêreld gebeur

Hierdie week het daar soveel goed in die LCHF-wêreld gebeur, of moet ek eerder sê, my LCHF wêreld.

Ek hét mos nou al vertel dat ek my tweede ‘Bantingversary‘ gehad het, ek het verjaar, ek volg die Bantingleefstyl vir twee volle jare!

Capture‘n Ander baie groot opwinding is dat daar ‘n splinternuwe E-Tydskrif vir LCHF uitgegee is! Toe ek gisteroggend wakker word, het dit in my inboksie gelê en ek het nog vir ‘n hele uur heerlik daarin rondgeblaai. Dis vol van voedingsfeite wat ons net móét lees en hoor, oor diabetes, oor metaboliese sindroom en nog vele meer. Dis kleurvol en mooi. Kliek op hierdie skakel om die tydskrif af te laai en op hierdie een om in te skryf daarvoor en sodoende te verseker dat jy dit elke maand kry.  Persoonlik voel ek dat jy op hierdie tydskrif behoort in te skryf, selfs al doen jy nie LCHF nie, omdat dit soveel belangrike inligting bevat.

Nóg opwindende nuus is dat die Engelse Toortsie, Toortsie’s Banting Bash!, by die drukkers is en die proef goedgekeur is, so hulle gaan nou begin DRUK! Nou is dit net daggies voor hulle by my is! Ek is so opgewonde! Net om te wys dat ek nie jok nie, hier is ‘n foto waar die REGTE BOEK in ‘n hand vasgehou word! toortsie's Banting Bash Proef Mensdom! Ek het gedink dis mos nou maar net ‘n vertaling, die opwinding kan nie weer so groot wees nie, maar julle sal nie kan raai hóé my tone krul nie! Ek is net so verskriklik opgewonde!

Nóg opwinding is dat die bestellings so saggies begin inkom. Daar is mos ‘n Pre-Launch Offer by BIDORBUY waar die boek, wat teen R209 verkoop gaan word, bestel kan word teen R180. Dis ‘n eenmalige aanbod en geld tot 2 Augustus 2016. So, as julle vriende het wat graag die Engelse weergawe van die boek sal wil hê, is dit nou jou, en hulle kans om dit vir ietwat goedkoper te kan kry. Kliek net op hierdie skakel. En natuurlik is die Afrikaanse Toortsie se Bantingboerekos steeds beskikbaar deur op hierdie skakel te kliek.

Jammer as ek julle hierdie week soveel gepla het met LCHF. Dit was maar net ‘n opwindende week! Mooi loop!

Toortsie

Ai tog! Hierdie moes eers môre verskyn! Sorrie!

Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad

Toortsie se Faceboekblad

Toortsie by Finesse: Malgas se pont

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Hierdie week het daar soveel goed in LCHF-wêreld gebeur

  1. Ek deel jou vreugde,Toortsie!

    Liked by 1 person

  2. Geluk Toortsie met die Engelse boek en ek sien jy het ook artikel en resep in die ebook :). Ek eggo die wesp hierbo en deel regtig jou vreugde, daar is te min dinge waaroor mense passievol raak, maar die verskil is ek gaan die vier met hamburger en chips…

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s