Droom, en ‘n rebelse rankroos

Scrapydo se toeka-tokkel: Drome

Dis ‘n vriendelike huis agter ‘n wit “picket fence.” Die rankroos om die voordeur blom baldadig, en onder ‘n groot koelteboom is ‘n tafeltjie met bankies en ‘n swaai. Die man van die huis se gesig is vaag, maar hy is sterk, standvastig en veilig. Daar is twee kinders of miskien drie… hulle gesigte is ook vaag, maar hulle lag weerklink deur die huis, of onder die koelteboom. Die vrou van die huis is gelukkig, sy voel geborge en geliefd. Dit is nie ‘n huis van weelde nie, maar ‘n huis van liefde.

Diè droom stap van kleintyd af hand aan hand met my, en wil nie los nie. Die lewe het gebeur, maar ek het bly vasklou aan my droomhuis van geborgenheid, en liefde. Nie eers ‘n rebelse rankroos wat weier om onder my wil te buig, kon my laat afsien van my droom nie. Ek het my droom aangepas, en die rankroos het plek gemaak vir ‘n bougainvillea. Tot diè groei na al hierdie jare nogsteeds nie om ons voordeur nie maar in ‘n pot ‘n meter of wat van die agterdeur af.

So eenvoudig soos hierdie droom klink het dit vir baie trane gesorg. Uit moedelosheid oor ‘n lewe wat met soveel drama gepaard gaan het ek eendag desperaat tot God geroep; “Ek het vir so min gevra (bedoelende die droom) en kyk wat deel die lewe uit!!! Volgens ‘n Christelike sielkundige (nee, ek het haar nie om raad gevra nie, ons het sommer aan die gesels geraak in ‘n parkeerterrein) sou ek morsdood verveeld gewees het was my lewe nie vol drama nie. My persoonlikheid soek blykbaar opwinding, drama en alles wat daarmee gepaard gaan. Wel, die lewe was nie skaam om dit uit te deel nie. Miskien het dit tyd geword om my droom totsiens toe te wuif…. daardie twee kindertjies het in elk geval aangegroei tot agt, en is nou al volwassenes met kinders van hulle eie.

14 thoughts on “Droom, en ‘n rebelse rankroos

  1. Ek wonder of enigiemand se lewe uitgewerk het soos wat hulle dit beplan het. Dalk is dit maar beter om liewer ‘n verrassingspakkie te kry – dit hou darem die lewe interessant. O en geluk met jou bougainvillea wat darem groei; dis een ding wat ek my lewe lank al begeer en nog nooit aan die lewe kon hou nie.

    Like

    1. Die lewe loop maar sy eienaardige draaie, en eie keuses het baie te maak met die drama wat dit veroorsaak. Jammer ‘n mens word eers met die ouderdom wyser. Nou voel ek eers trots op my bougainvillea…. gedog hulle groei maklik, en oral.

      Liked by 1 person

  2. Jou droom van ‘n veilige tuiste met ‘n man en kinders het wel waar geword. Dalk was dit ‘n lewendige besigheid, maar jou huis het nie net die veilige tuiste geword vir jou eie kinders nie, soveel ander kinders is juis na jou huis gestuur omdat hulle daar liefdevolle sorg sou kry. Ek dink jy hét jou droom gekry, maar met baie meer. 🙂

    Like

    1. Dus het die Here baie meer gegee as wat ek gevra het….. met net baie drama bygevoeg as spice? Ek kon wraggies doen sonder die spice 😦

      Like

    1. Yep scrapy, die drome maak nie plek vir die wêrklike lewe nie…. en wanneer die lewe begin gebeur… o weë. Ek weet net as mens het ek geweldig gegroei deur al die drama heen. Dis so waar; ons wik God beskik!!! Ons spoel byna weg hier aan Suidkus. As wind en reën so klink wil ek nie weet hoe voel ‘n orkaan ens nie. Mooi dag vir jou!!!

      Like

      1. Ek stem saam, mens groei en leer baie ut die dramas. Solank mens net die goeie gebruik om te onthou en om verder op te bou sal alles makliker gaan. Dis net asof die leerskool partymaal strawwer is as vir ander. Tog weet ook dat ons nie bo ons vermoë gefolter word nie. Hoekom moet joune en myne ekstra moeilik wees? Omdat ons sterk in die geloof kan staande bly! (Ek beter ophou want as ek so opgewonde raak slaap ek nie vanaand of droom dalk wat ek nie wil nie) Ooo, ons stormweer en koue was die naweek baie erg. Wind het tot 170km p uur gewaai. Vandag is dit beter gewees net rerig ysig koud.
        Geniet jou dag. Ek gaan nou inkruip.

        Like

        1. Myself ook al gevra hoekom my susters se paaie so gelyk loop…. met hier en daar ‘n optraande…. en myne is een “roaler coater ride” Maar dan die Here gebruik al hietdie dinge ten goede. Lekker slaap en soet drome 🙂

          Like

  3. Hello Kameel ek het hierdie ook vanaand by ‘n post van iemand anders gesit. Die is iets wat op ‘n satdium in my lewe vir my baie beteken het:

    I walked a while with pleasure, she chattered all the way
    but left my none the wiser for all she had to say.
    I walked a mile with sorrow and never a word said she
    But the things I learned from her
    When sorrow walked with me (anonymous)

    Like

Gesels saam, asseblief!