So wat het ek toe met die kaiings gemaak?

Ek het mos ‘n rukkie terug vertel van die vet wat ek uitgebraai het en gewonder wat ek met die kaiings moet maak.

Eerstens het ek die lekker warm kaiings teelepelsvol geëet. Ek het natuurlik eers ‘n bietjie sout daaroor gegooi.

Besef julle hoe vullend dit is? Prof Tim Noakes skryf nie sonder rede dat vet ‘n eetlusdemper is nie, ek het beslis minder kos geëet danksy die kaiings.

Ek het ‘n groenteroerbraai gemaak en van die uitgebraaide vet gebruik met kaiings en Aromat oor vir geur.

Vir ontbyt vir 2 mense het ek 2 eetlepelsvol kaiings in ‘n pan gegooi, sonder ekstra vet. Dan 4 eiers bo-oor gebreek en dit gebak. Tog te lekker!

Ek het die kaiings in letterlik álles gegooi, soveel so dat ek soos ‘n kaiing gelyk en geruik het.

Hierdie, dink ek, was die oorskiet lamsboud wat ek in vlokkies gesny het, ‘n handvol kaiings daaroor gegooi, gerasperde kaas en room oor en in die oond gedruk. Héérlik! Onthou, my kosse is mos almal eenvoudig en maklik om te maak, maaaaarrrrr ek konsentreer BAIE daarop om die VETINHOUD te VERHOOG en natuurlik op geur ook. Al hierdie bestanddele wat ek bygegooi het, doen dan presies dit: dit verhoog die vetinhoud en gee geur. En terloops, as jy dalk wonder, my cholesterol is só normaal, my dokter is tevrede daarmee.

Ek wil net sê, drie skape se netvet gee regtig te veel kaiings. Die huishulp was tóg te dankbaar vir háár klompie ook!

Die Engelse Toortsie is by die drukkers! Dis NOU die geleentheid om voor-publikasie bestellings te maak teen ‘n spesiale prys. Die Engelse Toortsie’s Banting Bash gaan verkoop word teen R 209, soos die Afrikaanse Toortsie se Bantingboerekos, maar kan tans bestel word by Bidorbuy vir R180. Die oomblik as die drukkers vir my sê, stuur die koerier, verval die aanbod. So, as jy Engelse vriende het wat graag die boek sal wil koop, laat weet vir hulle. Die oomblik as ek die boeke kry, pos ek dit uit. Kliek HIER om die Engelse Toortsie te bestel en HIER vir die Afrikaanse Toortsie

Groete

Toortsie

Toortsie se facebookpage

Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekpage

Nagedagte: Toortsie is genooi om maandeliks ‘n resep te plaas op die aanlyn-tydskrif, Agrikultuur. Ek voel geëerd.

Capture

 

8 thoughts on “So wat het ek toe met die kaiings gemaak?

  1. Ek is BAIE lief vir kaings! Netso in n kadoessakkie met soyt oir. K9m uit my k8nderdae toe ek en my niggie altyd o0vRobertson nbpennie sr kaings gaanbkoop het. So as jy weer uitbraai…….asseblief!

    Liked by 1 person

  2. My probleem is nooit wat om met die kaiings te maak nie eerder wat om met die vet te maak. Ou Tim Noakes sou sy self gekul het as hh ooit op ‘n sny vars gebakte kaiingbrood afgekom het. Of dalk ‘n hopie kaiings toegedraai met ‘n klontjie pap. Mensig, genoeg om jou lippe af te eet. Oom Ridder wou nie glo van die kaiingbrood nie. Toe het hy dit gaan toets en my verskoning kom vra wat hy; ;het die paar snye wat hy vir my wou bring self opgeeet. .

    Like

    1. Ja die vet is ook nog hier. Ek gebruik dit soms vir bakdoeleindes maar is liewer vir botter. Skaapvet is ‘n harde vet. Ek het dit gebruik in beskuit. My man het nog nie gekla nie. Tog het die tekstuur daarvan anders gelyk.

      Like

Gesels saam, asseblief!