Frail -Broos

Daily post opdrag

Is ek reg? Is die Afrikaans vir ‘frail’ broos?

Broos. Breekbaar. Dis hoe my ma deesdae is. Die eens sterk vrou wat haar deur niks en niemand laat onderkry het nie, het broos geword. Afhanklik van ander mense. Sy loop swaar en verduur baie pyn. 

Vir haar ontstel haar broosheid haar nie soveel as dat sy soms ‘n bietjie vergeet nie. Dís vir haar baie sleg as sy besef sy het iets vergeet. Snaaks, vir my is dit weer nie so ontstellend nie soos dat die eens groot en sterk vrou wat klein en broos geword het nie. Dat ons nou al ‘n rolstoel moet gebruik as ons enigsins buite die ouetehuis wil gaan, dat sy so graag nog wil uitgaan vir ‘n rukkie, maar dat dit regtig vir haarself moeilik en pynlik is.

Van groot en trots en sterk na klein, breekbaar en broos. Dis die pad wat baie van ons gaan loop as ons so gelukkig is om oud te word. 

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Frail -Broos

  1. Ai Toortsie,ek vrees ook daardie tyd!

    Like

  2. Kameel sê:

    Dit is niks lekker om te sien hoe hulle agteruit gaan nie. Jay sê nou die dag “mamma se ou lyfie” toe besef ek my uiterlike begin ook die jare wys. Die kop sê anders.

    Like

  3. Soos die Prediker sê – hulle vat jou na plekke waar jy nie wil wees nie.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s