Toortsie se Toeka Tokkel oor winter

In opdrag van Scrapydo, maar in antwoord op Kameel wat lus het vir pannekoek.

Eendag, lank, lank gelede was Kameel ook lus vir pannekoek. Sy woon in die bo-wêreld van ons land en ek hier onder. Julle weet mos dat ek die land van ‘onder’ af beskou, né! Nou ja, vandag is sy al weer lus vir pannekoek! Sy, en die seediertjie en nog ander ook en terwyl ek salig onbewus is daarvan, sit en bespreek hulle my en pannekoek en bantingpannekoek en dat ek moet bak, hier onder my eie neus! Bou nou ‘n nasie met hierdie klomp.

As bewys wil ek graag hierdie bloginskrywing gee. Ek hét al in my lewe pannekoek gebak, vir as julle wonder, baie keer al, en as julle my glad nie wil glo nie, bel ons dorp se ouetehuis. Ons het ‘n ‘ooreenkoms’: Hulle kyk mooi na my ma’s en ek sal uit dankbaarheid help pannekoek bak. Maar moet maar liewers nie vra nie want soms help ek nie bak nie.

Toe my dogter nog in die huis was, het sy op ‘n stadium aanmekaar gevra vir pannekoek. Weet julle wat? Pannekoekbak ís nie so ‘n groot werk soos wat mense dit probeer maak nie, sommer net terloops, vir as julle wonder, of dit as verskoning wil gebruik. Dit kan wel ‘n bietjie van ‘n gemors wees. Maar sus wou pannekoek hê en weer en weer. Die reël het in my huis ontstaan: ‘As dit ‘n duim gereën het, kan ons pannekoek bak.’ Wel, hierdie winter is dit uiters koud by ons, maar droog. Dit reën 2 tot 3 mm op ‘n slag, waarvoor ons natuurlik baie dankbaar is, maar dit reën nie genoeg vir pannekoek nie!

Nog iets waaroor die lot gefluister het, skinder klink darem so lelik en hul het darem nie lelik gepraat nie! Ek het nog nooit Bantingpannekoek gebak nie. Die rede? Ek is te lui! Sodra ek moet begin amandels maal om meel in die hande te kry, raak my lus sommer op! Ek doen nie só baie Bantinggebak nie, maar as ek dit die slag doen, geniet ek dit vreeslik. Hoe lus kry ek nou vir Bantingmuffins!

So, my dearies, as jul wil hê ek moet vir julle pannekoek bak, sal ek, maar julle sal eers moet laat reën. Dis droog hier by ons. Die graantjies soek lekker baie water wat sommer diep insak.

Toortsie

Toortsie by Finesse: Verrassing!

Toortsie se Faceboekbladsy

Toortsie se Bantingboerekos faceboekbladsy

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Kosdinge, Toortsie se Toeka Tokkel stories. Bookmark the permalink.

17 Responses to Toortsie se Toeka Tokkel oor winter

  1. Kameel sê:

    Lekker smile ek nou vir jou. Lekker gelees!!! Nee Toorts as ek eers amandels moet maal om meel in die hande te kry sien ek nie weer ‘n pannekoek nie 😦 Voordat ek besluit het om winters in my relaxer te hiberneer het ek baie pannekoek gebak. Ken alleen het 32 pannekoeke op ‘n slag geeët. Dan was daar nog die ses kinders wat grootoog om die pan staan en wag het. Nou sal ek vir my ‘n ander bakster moet kry as die een aan die onderpunt van die wêreld eers wag vir reën. Grappies op ‘n stokkie: Mag God in sy groot genade die reën gee wat so nodig is.

    Like

    • Toortsie sê:

      As julle ‘n duim reën stuur, sal ek meelpannekoeke bak, 2 duim, dan maal ek vir julle amandels! Ek het nou al hoe lank lus vir die lekker muffins in my boek maar kom net nie so ver nie en eintlik is dit ook nie so ‘n groot werk nie. Dalk moet ek dit nou gou doen!

      Liked by 1 person

  2. Haha, baie goed. “Nou is hulle darem gesê!” sou die Namakwalanders dit gestel het wanneer iemand aangepraat is. Ek is nie ‘n pannekoekliefhebber nie, maar my ma het dosyne gebak (ek ek moes natuurlik kaneelsuiker strooi en rol tot ek lam was) vir wintersaande se bidure. Ons hoop julle reën kom gou.

    Like

  3. seegogga sê:

    Jy kan klaar gemaalde anandelmeel in kg pakke by packtown koop@ dieselfde prys as ongemaalde amandels. So jy het geen verskoning nue Toorts!

    Liked by 1 person

  4. Hiehie. Oulik geskryf! Hoe lus is ek nou vir pannekoek …

    Like

  5. Daar sien jy toe die pannekoekers bietjie reg. Hul bespreek jou darem openlik so dis nie sleg bedoel nie. My eerste pannekoek sessie was n mislukking. Dit was in standerd ses met kookkuns. Die deeg was vol klonte en te slap, pannekoeke wou nie bak nie. Die juffroe het my n taai klap gegee omdat dit nie reg was nie. Ek het by die huis die resep aangemaak en heerlik pannekoek gebak. Daarna moes ek gereeld vir die familie pannekoek bak. My man en seun was ook lief vir pannekoek. Ek dink dit was die juffrou se skuld dat dit misluk het. Ons was almal bang vir haar. Sy wou toe hê ek moes al die skottelgoed was na die periode terwyl ek die bus moes haal. Gelukkig het een van die plaaslike meises gesê sy sal dit doen. Ek is nog steeds dankbaar vir haar hulp. Ek sou nie weet hoe ek sou huistoe gaan sonder bus nie. Maklik n uur se ry v skool gebly!

    Liked by 1 person

  6. Ai,hulle het lekker van jou geskinder hoor!

    Like

  7. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 25 : Droom – I scrap 2

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s