Ursula

Ek hoor ou Toortsie is besig om te skryf van 26 Kaapse vroue wat sy uitdink. Ja, ek weet ek woon nie in die Kaap nie, maar soos ek haar ken sal sy totaal van mý vergeet! Ek, Ursula, haar Alter Ego, wat al haar dinge vir haar moet regtrek. Mensig, julle weet nie van die helfte van haar dinge nie. Ek hét al in die verlede my hart kom uitpraat hier, maar regtig, ek dink ek verdien baie meer krediet as wat sy gee. Ek moet nogals sê, ek hoor deesdae sy praat so af en toe ook darem iets goeds van my.

Hier kom mos ‘n troue aan en dis juis sulke tye wat ek weer sal bontstaan. Ek raak skoon gespanne. Met Toortsie weet ‘n mens mos nooit, ek dink sy verras haarself! Soos met haar kamtige boekskrywery. Regtig, as sy nie ‘n klomp mense gekry het wat haar gehelp het nie, wou ek nie die eindproduk sien nie, dit sou ‘n ramp gewees het! Intussen moet ék natuurlik die leisels help vashou.

Maar van die troue gepraat. So ‘n trouery van ‘n kind behels ook ‘n roksoekery. Die heel eerste keer, toe haar een seun getrou het, was my én haar maag later ontsteld. Gaan lees ‘n bietjie hoe het sy gesukkel om uiteindelik die regte uitrusting te kry en op die ou end het sy vir nóg 4 jaar haarself bekommer dat haar rok nie reg was nie! Weet julle dat sy glad een nag flou geval het oor die roksoekery? Sý sê natuurlik dit was van ‘n etery, maar ek en haar man weet baie beter! Gmf.

Met haar tweede seun se troue het dit baie makliker gegaan, tog hoor ek sy sê dat, 17 kg later, dit nog steeds nie reg sit nie!

Nou ja, nou gaan haar dogter trou en ek hoor sy het gróót planne vir ‘n rok. Maar ek wonder darem. So ‘n roksoekery is altyd ‘n besigheid. En weet julle wat? Ek vang haar nou die dag dat sy op die internet sit en rondkrap! ‘N MENS KAN NIE VIR JOU DOGTER SE TROUE JOU OUTFIT OOR DIE INTERNET BESTEL NIE! Sy kry toe wat sy soek!, maar genadiglik is dit in Amerika en daardie plek lewer nie in SA af nie. (Sug van verligting!) Maar die ergste het julle nog nie gehoor nie. Ek wil HISTERIES RAAK.

Gistermiddag raak sy verveeld en begin weer krap en krap en krap, sy en haar vriendin wat ook ‘n Ursula of twee nodig het … en … sy … bestel … ‘n … rok … !!!

Julle! Hier lê ‘n rowwe tyd vir my voor! Ek dink ek sal hulp moet loop soek iewers! Dan praat ek nie eers van die trougeskenk waarmee sy besig is nie! Alweer te groot gehap, eat anders kan jy verwag van haar? Maar as sy my vang dat ek vir julle vertel, skop sy my sweerlik uit, en dít kan ons nie waag nie! Wie gaan dán die leisels vashou?

Ursula

Toortsie by Finesse: Verrassing!

Toortsie se faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekpage

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in 26 Kaapse vroue, Ursula. Bookmark the permalink.

7 Responses to Ursula

  1. ‘n Rok vir jou kind se troue is verskriklik belangrik – Ursula, moenounie obstreperous wees nie en HELP vir Toortsie! Daardie rok gaan pragtig wees en jy gaan haar daarvan VERSEKER!

    Liked by 1 person

  2. Kameel sê:

    Not to worry Ursula, met Toortsie se nuwe “look” (jy weet met die gebantery saam) gaan sy “shine.” Pssst hou haar bietjie in – ‘n mens wil nou nie die bruid “outshine” nie – al is sy die bruid se ma. Intussen geniet dit…. this is a once in a lifetime experience!!! Vergewe maar die baie Ingels… my Afrikaanse brein slaap nog.

    Like

  3. Ursula ons geheimpie – sal nooit vir Toortsie vertel nie.

    En Toortsie ja asseblief in die konteks het die kopdoek seker sy nut maar verban asb die voorblad ban-ting book look vir die troue!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s