Jeanine

Hello julle! Ek is Jeanine en het ‘n vreeslike lekker werk. Die werk kan lekker wees, maar soms ook uiters uitputtend, dit hang net van die kliënte af!

Ek is ‘n trou-koördineerder. Ek werk vir ‘n firma wat troues reël. Ons sorg vir die kosmakery, die drank, en ons doen die versiering van die lokaal ook. Heerlik! Ons werk met mooi goed, mooi mense.

Sommige bruide is net ‘n fees om mee saam te werk! Hulle het mooi idees, hulle idees is uitvoerbaar en saam met dit het hulle mooi geaardhede. Maar soms … ja soms … kom bruide met die vreemdste idees denkbaar. Elkeen wil haar troue uniek hê, dis waar, maar soms is hulle só vol planne dat ons hande eintlik afgekap is. Dan is daar nie ‘n kans dat ons ‘n ding kan uitpraat nie, hulle wil dit só hê en basta die res, terwyl ons wéét dit gaan nie werk nie.

Elke troue is anders. Die een wil baie blomme hê, die volgende een soek drapeersels, ‘n ander een wil alles in goud of silwer hê, die ander een soek hout. Die een vra vir tafeldoeke en  oorgetrekte stoele, die volgende een vra vir houttafels en houtstoele. Of glas. Of kristal. Pienk, rooi, blou, groen, goud, ag noem maar op! Dis só interessant!

Soms kom ‘n bruid met ‘n nuwe, vars idee, wat met ‘n bietjie gesels al hoe mooier en uitvoerbaarder klink. Sy bring haar idees, ons sit ons s’n by en op die ou end kry ons ‘n troue wat net besonders is.

Oeee en party bruide gaan vir die prys! Dis natuurlik héérlik, maar dit kós ook ‘n prys! Maar wat gee ek om? As die ouers of wie ook al bereid is om te betaal, haal ons uit en ons wys. Net die beste van alles! Daar is net nie perke nie.

Daarteenoor is daar weer troues waar geld ‘n bietjie van ‘n probleem is en dís waar die grootste uitdaging lê: Om steeds iets moois en spesiaals te doen sonder dat dit ‘n plaas se geld kos. Van plaas se geld gepraat, sjoe! Wag, laat ek eerder stil bly.

Die kosdinge is net so interessant. Die een bruid wil net lekker kos en baie ook hê, die volgende een soek pikante disse, klein bietjies op die bord. Dan is daar die vegetariërs en die vleis-eters, vrugte-eters, jy sal nie gló watse kosvoorkeure ons alles mee te doen kry nie!

Maar wag, ek het ‘n troue om te reël! Wederom!

…………………………………………

100% Verbeelding van Toortsie

Toortsie se faceboekbladsy

Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekbladsy

Toortsie by Finesse: Verrassing!

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in 100 goedvoel dae. Bookmark the permalink.

4 Responses to Jeanine

  1. Kameel sê:

    Ek dink iemand is baie besig met troureëlings 🙂
    Die stil kind het as “wedding planner” gewerk….. sy het die persoonlikheid gehad vir daardie werk. Het dit geniet wanneer sy my vertel het van wat alles agter die skerms aangaan.

    Like

    • Toortsie sê:

      Daai iemand anders gebruik die goeie en betroubare Antoinettes op ons dorp. Hulle het al daardie selfde iemand se troue ook gedoen. 🙂 maar wag maar vir Ursula se weergawe. Sy is al weer hiperverskrik! Genade!

      Liked by 1 person

  2. Baie interessante werk

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s