Scrapydo se toeka-tokkel: Winter
Ek het op vêr paaie teruggeloop en die winters in my lewe probeer herroep, en kom toe tot die gevolgtrekking dat die ouderdom van my ‘n sissie gemaak het. Ek onthou die vroegoggend ryp op die speelgronde, en hoe dit onder my skoolskoene gekraak het; maar speel het ons gespeel. Ek het nie toegedraai in ‘n kombers iewers op ‘n bankie gesit nie. Op hoërskool het die klaskamers sulke grysgeverfte pype as verwarmers gehad. Wanneer ons die eerste periode uit die koue inkom, het ons gou ons hande om die pype probeer warm maak, maar daarna het die dag normaalweg verloop. Daar was geen gekerm en gekla oor die koue nie. Ek het begin werk, en tot hier het die lewe sy normale gang van somers en winters geloop. Al verskil was dat ‘n mens warmder aangetrek het, maar sowaar ek sien nie kaggelvure, en verwarmers nie.
Maar toe trek ons tussen die mielielande in, en meteens word ons met werklike koue konfronteer. Een nag se swartryp en die wêreld lyk morsdood, en o so mistroostig. My kinders word met lae, en lae klere aan skooltoe gestuur. Hulle lag vandag nog oor die papie-effek, en die onbeweeglikheid daarvan. Elektriese komberse word ‘n moet. Wanneer ons tv kyk klim ek en Ken elkeen in ‘n slaapsak, en so gaan ons deur een en twintig winters.
Ons trek Pretoria toe. Dis warm, baie, baie warm. Ek kry swaar in die hitte, maar die winters – wat hier baie warmder is as tussen die mielielande – begin my vang. Hoe salig sou dit nie wees as ons kon hiberneer nie. Gaan lê aan die begin van die winter lekker snoesig op jou bed, en word wakker wanneer die lente roep. Ek is in elk geval ‘n nul op ‘n kontrak werd in die winter. Na middagete maak ek die boontjiesak warm. Draai myself en die sak in ‘n duvet toe, en sit op die “relaxer,” en vergaan. Die elektriese kombers word vroeg aangesit, en ek kannie wag om so vroeg as moontlik in die bed te klim nie.
Die winter het darem sy voordele ook; sop en pannekoek!!! Wonder wie sal vanmiddag vir ons pannekoek bak? Toooooooooortsie!!!!!
Ek is ook soos ‘n kroes hoender in die winter. Jy kry mos ook nie regtig ordentlike warm klere vir vrouens nie, die materiaal is altyd dunner en die arms en bene nie lank genoeg nie. Ek trek sommer my man se warm sweetpakke aan. Die nagte is watm ja – ek slaap in somers pj’s.
LikeLiked by 1 person
O liewe, my man is so groot ek sal versuip in sy sweetpak. Nou laat die prentjie my glimlag. Bly jy sê die nagte is warm daar…. juis so hartseer dat ons nie elektriese kombers saamvat nie.
LikeLiked by 1 person
Ek het in die Vrystaat grootgeword en ool 5jaar in Bethlehem gebly. Ek onthou daai koue wat voel of dit in jou gebeente intrek, maar as die sonnetjie deurbreek is die koue vergete
LikeLiked by 1 person
Gevries deur murg en been 🙂 Hoe vind jy die Kaapse winters…. beter?
LikeLike
Dis nie so koud soos op die hoeveld nie, maar die aanhoudende reen en koue dae kan soms kajuitkoors tot gevolg he! Oor die algemeen egter hou ek van die winter, daai gevoel om geborge te wees tussen jou vier mure terwyl die wind pomp vir die vale.
LikeLike
Dis soos hier in NZ. Die koue kan nog gaan maar die aanhoudende reën (waaraan ek nie gewoond kan raak nie) stem my met tye morbied.Kajuitkoors is n goeie beskrywing.
LikeLike
Dan is dit soos die Kaapse winters. Ken dit nie maar klink altyd vir my mistroostig. Hou ook van kajuitkoors!! Mooi dag vir jou.
LikeLike
Jip, is winterreën hier. Mooi dag vir jou! Ek gaan alweer slaap! 🙂
LikeLike
Ek onthou ook die ryp van jongtyd.
LikeLiked by 1 person
Dan lê dit so wit oor die grond. Koud kry ek nou!!!
LikeLiked by 1 person
Jou keuse van pannekoekbakker is geïnspireerd – ek dink Toortsie is een van daardie raakvatvrouens wat so moeiteloos die een na die ander perfekte pannekoek uit die pan op die vinnig-groeiende stapeltjie heerlikhede laat gly – o aardetjietog, hoe lus kry ek nou!
LikeLiked by 1 person
Ons sal vir Toortsie moet gaan kuier. Sy sal bak en ons eet. Sy sal nie saam eet nie maar sy kan van haar room op my pannekoek sit!!!
LikeLiked by 1 person
mmm wonder of Toortsie al banting pannekoeke het? Indien nie, moet syy nou vinnig ‘n plan maak! Ek sal proe om te toets.
LikeLiked by 1 person
Toortsie sal plan moet maak…. maar sal iets ooit so lekker soos die ware jakob smaak?
LikeLike
https://toortsie.com/2012/03/16/pannekoek/ lank gelede
LikeLike
Helloooo hier is ek nou! Toortsie bak nie meer pannekoek nie. Ek dink ek sal antwoord in die vorm van ‘n bloginskrywing.
LikeLiked by 1 person
Ek het nie gedink jy gaan vir die een val nie…. maar ‘n mens mag maar hoop… al beskaam dit hier gruwelik 😦 En Frannie kon juis sien hoe heerlik jy pannekoek kan bak!!!!
LikeLike
Ek hou ook nie van winter nie…die dae is te kort en ons oopplan huis is ‘n yskas!Baie mooi geskryf,Kameel.
LikeLiked by 1 person
Is die yskas die rede hoekom julle so lekker oppak en Namibië toe gaan? 🙂 Geniet!!! Hoor darem dit is vandag 5 grade warmder hier 🙂 Het sommer moed gekry en maak tuin nat. Mooi dag vir jou!!
LikeLiked by 1 person
Ja,beslis…een van die redes!Lekker dag vir jou ook.
LikeLike
Die koue hier is erg maar voel nie so erg soos die koue daar op Hoëveld nie! Ek het nie eers n warmkombers in my bed nie. My voete het nog nooit eers rerig koud geword nie(touch wood!) Ek kan natuurlik BAIE warm kry in somer dis dalk hoekom winter nie so koud voel vir my nie. Jy skryf darem lekker oor die goeie ou winters as kind. Ons het of die ryp geskaats!
LikeLike
Ook aan die ryp skaatspogings gedink toe ek skryf 🙂 Kindertyd darem net so lekker…. en dan wil mens gedurig groot word.
LikeLike
Ja, sug! En nou sit ons en terugdink aan daardie lekker tye. Wil darem nie rerig weer teruggaan na kindertyd nie. Nie in vandag se tyd nie.
LikeLiked by 1 person