Persverklaring oor LCHF Resepteboek – Jan Greyling

 

11 Julie 2016

MEDIAVRYSTELLING                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                          

Vir Onmiddellike Gebruik

Bantingboerekos kóók wêreldwyd

Maklike resepte, wat by die suidelikste punt van Afrika opgetower is vir gesonde kos sonder fieterjasies, word wêreldwyd ‘n huishoudelike treffer! Die geheim van Toortsie se Bantingboerekos lê in smaaklike resepte wat gewild is onder die Banters en nie-Banters, wat in elke gesin voorkom.

“Toortsie”, soos Madelé Burger van Bredasdorp se maklik-om-te-gebruik resepteboek gedoop is, word reeds in Amerika, Kanada, Australië, New Zeeland, Nederland, Abu Dhabi, Kenia, Namibië en landswyd plaaslik gebruik. Hierdie kombuisvriendelike kookboek, vol boerekos wyshede, beleef sy derde druk.

Skaars ses maande nadat haar informele loslit resepteboek op 16 Desember bekendgestel is sal die Engelse weergawe, “Toortsie’s Banting Bash!” binnekort verskyn. Sedert einde verlede jaar het “Toortsie” stil-stil ‘n wêreldreisiger geword, wat die Overberg se smaaklike en maklike resepte met doodgewone bestanddele in gewone huise dwarsoor die aardbol laat kook!

Boonop kan Madelé se eetplan- en lewenservaring weekliks op die Finesse-tydskrif se Voelgoedblog en op haar eie blog, Toortsie.com gelees word. Sy skryf maandeliks ‘n artikel vir mede-Bredasdorper, Esther Möller se splinternuwe lae-koolhidraat e-gids, www.lowcarbdirect.net.

Die 140-bladsye met 60 resepte en Madelé se lewensreis-stories is deur nog ‘n Bredasdorper en vertaler by die Universiteit van Stellenbosch, Marius Swart, in kombuisvriendelike Engels omtower. Lize du Toit het vir die fotografie en fotoverwerkings gesorg.  Fotostilering was onder die bekwame leiding van ‘n plaaslike spysenier, Lizelle du Toit. Lieze Swart het die bladuitleg hanteer.

“Toortsie’s Banting Bash!” is oppad drukker toe en sal moontlik reeds voor einde Julie beskikbaar wees beloof Madelé op haar webblad en op Toortsie se facebookblad by: https://www.facebook.com/bantingboerekos/.

Toortsie se Bantingboerekos” is gebore toe die skrywer in Julie 2014 besluit het om self die internasionaal bekende lae koohidraat gesonde vet-eetplan, vir almal wat hierdie beproefde leefstyl verkies, te volg en resepte wou kry wat met normale bestanddele voorberei kan word.

“So het ek bekende boerekos resepte in ons eie huis Banting-vriendelik gemaak. Gewone kos, met maklike resepte,” sê sy.

Die afgelope paar maande het Madelé met “Toortsie se Banting Boerekos”  ‘n gesinsgunsteling geword in huise waar hierdie leefstyl, ‘n positiewe verskil in die lewens van mans en vrouens, oud en jonk maak.

“Belangstelling is van heinde en verre. Hoewel my “Toortsie” net in ‘n paar Wes-Kaapse winkels beskikbaar is, is dit sosiale media en oorvertelling van huidige lesers aan familie en vriende, dat posversendings dwarsoor die land en die wêreld  daagliks toeneem.

Madelé is ‘n plaasdogter. Vandag is sy betrokke by die adminstrasie van hul boerdery. Vroeër het sy onderwys gegee en Katlou Vervoer, bestuur. Sy het drie kinders en is ouma van twee kleinkinders. Sy is gek na musiek en is dikwels deel van die lofprysinggroep in haar gemeente.

“My grootste droom bly om die beste vrou vir my man te wees en die beste ma. “Ek loop egter, onder meer deur hierdie eenvoudige boerekos-boek, my lewenspad voluit. Ek is baie opgewonde omdat  dit ‘n klein gedagte was wat ontwikkel het tot ver verby my wildste drome. Ek vertrou dat ek met die Engelse weergawe baie nuwe mense sal bereik en kan help,” sê Madelé oor die onverwagse sukses van haar eie leefstylpassie vir haar gesin.

 

EINDE

Saamgestel en uitgereik deur  Jan Greyling: 082 556 8778

Bestel Toortsie se Bantingboerekosboek HIER

Toortsie se Bantingboerekosboek by Bidorbuy 

Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekblad

Toortsie se Faceboekblad

Toortsie by Finesse: Verrassing!

 

Engelse voorblad voorblad 001

……………………………………………………………………

 

Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad 

Toortsie se Faceboekblad

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Boeke en flieks, Kosdinge and tagged , . Bookmark the permalink.

13 Responses to Persverklaring oor LCHF Resepteboek – Jan Greyling

  1. Ons is trots op jou..viva Toortsie!

    Liked by 1 person

  2. Uitstekend! Ons is saam met jou bly oor die groot sukses. Nou kan ek ook sê ek “ken” ‘n skrywer. 😀 Baie geluk, jong.

    Like

  3. ekmyselff sê:

    Puik! Jy mag maar trots wees en spog. Geluk

    Liked by 1 person

  4. Awesome! Baie geluk met jou bekendstelling dis n besonderse mylpaal in jou lewe. Jy mag maar. Dis ook wonderlik om jou te ken en saam met jou te lees en te kook.

    Liked by 1 person

  5. seegogga sê:

    Baie geluk, Toorts!😅😃😊 Ek het mos gese : Hier kom ‘n ding! Een vd dae is daar n mommer 2 ens. En een vd dae is jy op TV! Hou net dop!

    Like

  6. Terug pieng: Toortsie in die media | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s