Guest – Kuiergaste

Daily prompt onderwerp: Guest

Gaste. Kuiergaste. Wat ‘n lekkerte! Veral nadat my kuiergaste net vanoggend weg is. ‘n Ou skoolmaat van my, ons pa’s was saam op plaasskool en toe was ons ook weer al die jare saam in die klas, het kom kuier. Hy en sy vrou. En hulle het pas geland by ons, toe praat hy van iemand wat sommer naby ons woon. Ons bel hulle en dadelik is hulle gereed om saam met ons te kom braai. Dís nou wat ek lekkerte noem!

Die naweek was van my kinders by die huis en in die vorige week, ander gaste.

Soms kan gaste te veel ook raak as jou tyd min is en daar groot goed is wat gedoen moet word, maar eintlik kry ons normaalweg nie só baie gaste dat ek voel dit raak te erg nie.

Die samesyn van mense, saam skerts, saam lag, saam eet. Wat kan meer opbouend wees? ‘n Gevoel van ‘behoort’, ‘n gevoel van ‘ek word aanvaar’, ‘mense is lief vir my nes ek is’, ‘ek is goed genoeg’. Dis van die gevoelens wat mens kry as iemand sommer by jou inval, die wonder dat iemand behoefte het om tyd met my te spandeer! WOW!

Toortsie

Dankie Chris en G dat julle tyd ingeruim get om by ons aan te kom. Dit beteken vir my baie.

Toorsie by Finesse: Verrassing!

Advertisements

11 thoughts on “Guest – Kuiergaste

    1. Dankie! Dis maar nie dat ek heeldag kuiergaste het nie, hoor! Dís hoekom ek so opgewonde raak as hier mense kom. Onthou ek werk nie bedags tussen mense nie. Ek dink dan is jy nie altyd lus vir mense nie.

      Liked by 1 person

  1. Dis waar jy kry gaste wat by jou wil kuier, en gaste wat jou gebruik as slaapplek. My ma het my eenkeer daaroor vasgevat…. ons het nie die geld gehad om kort-kort Randburg toe te gaan nie. Wanneer ons dan na maande by my ma hulle afpak was daar soveel mense wat ons graag wou besoek, dat ons onwetend skoon by my ma hulle verby gekuier het.
    Een van my gawes is gasvryheid…. nou kan ek dit sowaar nie meer gebruik nie; die voëlnes het skaars plek vir my en Ken 😦

    Like

    1. Jy het jou lewe lank jou deel gedoen, maar jy het nou ‘n baie waar ding genoem. By ons strandhuis was ek nogals fyn ingestel op mense wat ‘slaapplek soek’ en mense wat by ons kom kuier. My kinders kon ook altyd vriende nooi wat by hulle kom kuier, maar ongelukkig nie eintlik die wat net ‘n blyplek soek by die see nie.

      Liked by 1 person

  2. Langenhoven het gese;
    Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.
    en ook:
    Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.
    en een wat mens nogal laat dink:
    Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s