Wie veg vir jou?

Wie veg vir my?

Deut 3:3,4: “Moenie bewe nie, moenie bang wees nie, moenie vreesbevange word nie, moenie vir hulle skrik nie. Die Here julle God gaan saam met julle om vir julle teen julle vyande te veg, om julle die oorwinning te laat behaal.”

Op soveel plekke lees ek dit veral in die Ou Testament hoe God self vir Sy mense geveg het. Soms het hulle nie eers ‘n vinger verroer nie. Soveel keer maak Hy die onmoontlike moontlik, gee Hy vir Sy mense op die vreemdste denkbare manier die oorwinning. Dis immers wat Hy beloof, dat Hy vir ons sal veg! 

Dis iets wat soms moeilik is om te glo in hierdie realistiese lewe waarin ons leef, selfs vir diep gelowiges. Ons wil dinge self uitwerk, self uitsorteer. Ons wil ons gevegte self veg. Ook ekself maak my soveel keer daaraan skuldig dat ek die wa voor die perde wil inspan, instorm waar ek nie hoort nie, dinge op my eie manier wil doen en dit dan behoorlik goed opfoeter. 

Tog het God al soveel keer op wonderbaarlike maniere vir my gewys dat Hy vir my veg, ek moet Hom net toelaat! Maar vir my, die doener, is dit soms moeilik om terug te staan, ek voel skuldig dat ek niks doen nie, maar eintlik wil God sulke tye net sê: “My liewe kind, dis okay! Staan jy nou net rustig uit die pad uit en kyk hoe ek My werk doen.” 

Soms het ekself net nodig om herinner te word dat wanneer ek op my swakste is, God die beste deur my kan werk. Dit is ook so dat God baiekeer juis die onmoontlikste situasies gebruik om Sy krag te bewys en sodiende die eer daarvoor te kry, anders was dit mos ek in my slimheid wat dit reggekry het. 

God veg vir my, ek moet Hom net toelaat! Selfs al wil ek vergaan van paniek, moet ek Hom vertrou. Hy sal dit doen! Dis wat Hy belowe!

Here, dankie dat U vir my veg. Help my om in geloof terug te staan en volkome op U te vertrou. Here, dis ook my gebed vir die persoon wat hier lees, dat hy/sy ook U grootheid sal besef en op U sal vertrou. Tot U eer alleen. 

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Toortsie se dagstukkies op Sondae and tagged . Bookmark the permalink.

6 Responses to Wie veg vir jou?

  1. Kameel sê:

    Dit doen hy verseker…. op sy manier…. en op sy tyd!!!

    Like

  2. Het hierdie woorde vandag baie nodig gehad – dankie, Toortsie.

    Like

  3. Pixie sê:

    Dis sulke ware woorde – soms moet ‘n mens dinge net in Sy hande oorlaat, ons het nie beheer oor ALLES nie

    Like

    • Toortsie sê:

      Ek luister regtig as God Homself herhaal. Ek het hierdie Saterdagoggend in die Bybel gelees en Sondagoggend geskryf. My vriendin laat weet my dit was ook die Sondag die boodskap in hulle kerk. Ek dink ek moet LUISTER!

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s