Kaiings

So nou het ek die kaiings uitgebraai en wat nou?

Ek het drie skape se netvet in klein stukkies gesny en dit al vanoggend in ‘n groot kastrol op die stoof gesit, stoof op nommer een. Aanvanklik het ek die deksel opgehad en dit later verwyder. So deur die dag het die vet stadig uitgekook en het ek met ‘n klein bekertjie die vet uitgeskep: 3 liters vol.

Die kaiings het ek uitgeskep in ‘n sif en dit met ‘n houtlepel gedruk sodat die oortollige vet afdrup in die bak.

So, wat nou? Selfs vir hierdie gesoute Banter is dit maar vet, hoor! Ek het ‘n bietjie op ‘n kleinbordjie geskep en sout oirgegooi. Heerlik! Maar steeds kan dit net teelepelsvol geëet word.

Ek sal nou maar moet eksperimenteer hiermee. Ek kan dit nou nie op vars tuisgebakte brood eet, of inmeng by die brooddeeg nie, ek sal ander planne moet maak. Dalk kan ek dit inmeng by roereiers?

Watter voorstelle kan julle maak? Wat maak ek met die kaiings?

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad

Toortsie se Faceboekblad

Toortsie by Finesse: Wanneer God Homself herhaal

13413560_872424932862729_5841573587251494983_n

Advertisements

10 thoughts on “Kaiings

  1. Ek dink nou aan my oorlede ma wat in die tyd van die tweede wêreld oorlog ‘n tiener was. Sy het my vertel hoe hulle nie botter gehad het nie en dan die vet uit skaap sterte gekook het om as botter op hulle brood te dien…

    Ai ek verlang nou na haar en haar skaap kaaings…

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s