Toortsie se Toeka Tokkel oor Straf

In opdrag van Scrapydo.

Ek het grootgeword en het my kinders grootgemaak in ‘n tyd toe lyfstraf nog aanvaarbaar was. ‘n Wiks op die boud wanneer dit nodig was, nie ‘n dooddonder met die vuis op ‘n klap deur die gesig nie. Ook nie ‘n brand met ‘n sigaret nie.  ‘n  Wiks op die boud het menige situasies ontlont en niemand het sielkundige skade gely as gevolg van dit nie. Laterjare is ek deur ‘n sielewroeging omdat die seuns dalk te veel kere pak gekry het, tot die een eendag vir my uit sy eie vertel het dat die tog in elk geval nie seer was nie.

Ouers raak gefrustreerd, hul kinders moet opgevoed word en mooipraat werk nie altyd nie. Omdat lyfstraf in baie mense se oë onaanvaarbaar geword het, word ouers soms tot die uiterste beproef en ander metodes moet uitgedink word wat soms baie erger en meer afbrekend is as ‘n pak slae en die lewe gaan aan. Blywende skade word aangerig. Dinge word gesê wat nooit gesê moes word nie. Manipulasie in die ergste vorm word toegepas tot nadeel van almal.

Vir my is die ergste as kinders misbruik word om ander mense te straf. Die een in beheer van die kinders gebruik die kinders as ‘n teken van mag. By geskeide ouers maak die mamma wat toesig oor die kinders het, dit onmoontlik vir die pappa om toegang tot die kinders te kry, om hulle selfs net te sien. Kinders word as speelbal gebruik. Volwasse kinders wat hul punt by hul ouers wil bewys, weier dat grootouers hul kleinkinders mag sien. Wat sulke mense nie besef nie, is dat hul nie nét die persoon straf wat hul wil straf nie, hulle straf hulleself ook in die proses, maar die een wat die hardste gestraf word, is die kinders wat aandag ontneem word, liefdevolle aandag wat hulle regtig toekom, wat hulle nodig het. Liefdevolle aandag wat aan daardie kinders se karakters en selfbeeld en toekoms kon help bou het wat hulle nou sommer net nie kry nie. Die kinders lyk dalk of hulle goed regkom, maar die krakies en skade wat op só ‘n manier gevorm word, bring kraters en skeure in daardie kinders se volwasse lewe.

Soveel moeilikheid en onnodigheid wat soveel keer die gevolg is van hardkoppigheid, van ‘hard to get’speel, van selfsugtigheid en ‘me, myself and I’, van ons eie onbevoegdheid omdat ons nie weet hoe om ‘n situasie te hanteer nie en dit later heeltemal hand-uit ruk en totaal onherstelbaar word.

Straf kan baie lelik wees. Straf kan baie kwetsend wees. En was die eintlike doel dan nie juis om ‘n sleg situasie te verbeter nie? Soms moet ons terugdink oor waarmee ons besig is en besin of ons nog op pad is na dít wat ons eintlik wou bereik.

Toortsie

Toortsie by Finesse: Wanneer God Homself herhaal. 

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos Faceboekpage

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Ouerskap en ouerleiding, Toortsie se Toeka Tokkel stories and tagged , , . Bookmark the permalink.

18 Responses to Toortsie se Toeka Tokkel oor Straf

  1. Kameel sê:

    Ja…. ek is deur daardie situasie waar my kinders gebruik was om my mee te straf. Woorde kannie die omvang van die hartseer en skade wat dit aan almal daarby betrokke gedoen…. en nog steeds doen nie, beskryf nie. As grootmense net verby hulself wil kyk en in ag neem wat hulle aan die kinders doen!!!!

    Like

  2. Dankie, jy het dit presies gestel soos dit is. Dis so hartseer om die pragtigste kinders te sien met persoonlikhede wat skrik vir niks. Daardie kwetsende sêgoed is blywende. Dis as gevolg van vandag se hantering van straf wat gemaak het dat ek nie my werklike voorbeeld wou gebruik nie. Dis jare se ongelukkigheid wat deur afkrakende aanmerkings veroorsaak. word.

    Liked by 1 person

  3. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 23: Stad/Dorp – I scrap 2

  4. Ek het niks teen ordentlike tugtiging nie, maar dit is nou eenmaal so dat daar ouers is wat die grense oorsteek … of geen grense stel nie. Die ideaal sou wees om ‘n kind te laat grootword in ‘n gemeenskap waar almal meedoen in die opvoeding van die kind, van die buurvrou tot die winkeleienaar, maar daardie dae is verby.

    Like

  5. Ek was nou die dag by ‘n kinderpartytjie. Die een man het met die dogtertjies gespeel en hulle het teen hom uitgeklim en hy het hulle aangemoedig. Toe sy seuntjie dit later doen, toe kry hy pak want hy trap glo sy pa vuil.

    Daar is vir my iets inherent onregverdig aan lyfstraf. As ‘n kind stout (besig, irriterend, lastig, asem haal ens.) is, kry hy/sy pak. Maar ‘n grootmens wat ‘stout’ is, kom skotvry af?

    Ek dink baie van die rede hoekom soveel kinders vandag onbeheerbaar is, is omdat hulle deur ondissiplineerde mense groot gemaak word. (Kan ek noem dat baie van die ongedissiplineerde mense as kinders pak gekry het, trots daarop is en volstaan daarby dat hulle reguitgedraai het en dat hulle ook hulle kinders gaan foeter?)

    Laastens, hoeveel ongemaklikhede was in die verlede (verre verlede) uit kinders probeer slaan? Linkshandigheid, leerprobleme ens. Weereens was dit nie die kind wat fouteer het nie.

    Liked by 1 person

  6. Kindwees is vandag nie meer vir sissies nie.

    Like

  7. Jy stel dit baie goed. Ek sien so baie mense deesdae wat nie hulle kinders dissiplineer nie, en ek kry die indruk hulle doen dit nie want dis harde werk. Dis mos meer moeite om konstant die grense te stel en ferm maar regverdig af te dwing as om kinders net te laat doen wat hulle wil. Dan betaal hulle die prys wanneer die kinders ouer word en buite beheer is.

    Like

  8. Jy beskryf die situasie perfek reg.As mens in die natuur kyk,is daar baie voorbeelde van tugtiging onder diere.Dis gemik op selfbehoud anders kan die kleintjies in groot moeilikheid kom.Bobbejane en ape vat nie nonsens van balhorige kleintjies nie.Luiperds en leeus trek ‘n duidelik streep vir die kleingoed en selfs olifante,bokke,renosters,pas dissipline toe.Ek het dit al baie gesien.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s