Olive

Mensig, hierdie lewe van die nag is nie altyd lekker nie. Ek en my vriendin, Alice, was seker so 17 jaar oud toe ons vir die grap een aand die strate ingevaar het. Ons was bang, maar ons het gehoor ‘n mens kan groot geld verdien so op die strate. Dis regtig so, party nagte verdien ons groot geld, ander nagte baie minder.

Dis maar ‘n moeilike werk. Die kompetisie is straf. Dit kan baie keer baie gevaarlik ook wees, mens weet nie wie almal in die strate rondloop nie. Nou is ek al 22 en steeds werk ek maar op die strate.

My ma was ook ‘n sekswerker. In haar tyd was dit heeltemal anders. Hulle moes so wegkruip vir die polisie, want dit was heeltemal teen die wet. Sy vertel tog te graag hoeveel keer hulle moes vlug vir die polisie. Sy vertel tog te graag van een van die polisielede wat haar kliënt was, kan jy nou meer! Dit wys jou net!

Hier op die strate het ek die lewe op ‘n ander manier leer ken. In die nag lyk alles anders. Ek het ook mense leer ken. Sjoe, party mense is dierbaar, ander vol nonsens. Dan is daar die skynheiliges. Partykeer wonder ek, wat soek hierdie mense hier in ons straat? Hier sal byvoorbeeld ‘n man en ‘n vrou hier loop, mens kan sommer sien dis net uit nuuskierigheid. Nou een aand het ‘n vrou oorkant die straat gestaan vir my staan en kyk, ek het sommer vir haar geskree, “Wat kyk jy?” Sy het toe geloop. Hier ry soms ‘n bussie vol mense, dan ry hulle so stadig, en ek sien hoe kyk hulle vir ons, nie om van ons dienste gebruik te maak nie, sommer net uit nuuskierigheid. Wie dink hulle is hulle?

Ons het ons gereelde kliënte, ons ken hulle al, en partykeer kruip ek sommer weg as ek sekere ouens in die straat sien loop.

Nee wat, dis nie vir my vernederend om hierdie werk te doen nie, dis mos my werk, en enige mens doen mos maar sy werk. Solank daar mense is wat vir my dienste betaal, sal ek die diens lewer. Dis net die hoogheiliges wat neerkyk op ons. Nee man! Moenie vir jou kom staan en skynheilig hou nie!

………………………………………………………………………

Suiwer verbeeldingsvlug van Toortsie met geen verwysing na enige persoon nie. Dis deel van die reeks van 26 vroue van die Kaap.

Toortsie by Finesse: Wanneer God Homself herhaal

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in 26 Kaapse vroue, Toorts se verbeeldingsvlugte. Bookmark the permalink.

5 Responses to Olive

  1. Kameel sê:

    Nie ‘n werk wat ek wil hê nie. Daardie vroue word hard…. ‘n gevaarlike en vernederende werk. Hoop sy kom van die straat af en vining ook!!!

    Liked by 1 person

  2. ekmyselff sê:

    Wrede straatwerk, foi.

    Like

  3. As jou kinders honge is sal ek selfs steel

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s