Delphine

Ek dink tog ‘n mens kan ‘n lewe hier by die Kaap maak. Ek mis ons huis in Frankryk met sy weelde en ek mis die mooi klere wat ‘n mens net in Parys kan koop. Regtig, as ek kyk na die klere wat die klomp Hollanders dra, dit het so min smaak! Tog, as ‘n mens rondom jou kyk, weet ek ons sal hier kan leef en gelukkig wees.

Die omstandighede in Frankryk is bitter moeilik. Die mense is omgekrap. Mense van dieselfde dorp maak mekaar dood, net omdat ons anders dink oor ons geloof! Ons moes behoorlik vlug uit Frankryk net omdat ons nie saamstem met wat die kerkvaders voorskryf nie, omdat ons glo wat Paulus in Romeine skryf dat God se genade vir ons genoeg is. Ek is so dankbaar ons kon veilig die land uitvlug en die bootjie haal, dat ons die seereis oorleef het en nou hier in vrede kan leef. Soveel van ons familie en vriende het nog daar agtergebly en ek is bekommerd oor hulle. Sal hulle veilig wees? Sal hulle die geleentheid hê om die land betyds te verlaat?

Hier, aan die Suidpunt van Afrika kan ons nou ‘n nuwe lewe begin. Dis maar rof, ons moet alles van onder af begin, hier is ook maar gevare soos wilde diere wat hier rondsluip, maar hier kan ons asemhaal. Hier mag ons ons geloof uitleef. Hier gaan ons ‘n kerk plant.

Die algemene woord wat hier in omloop is, is dat ons tog ons taal moet beskerm, dat ons nie met die Hollanders moet vermeng en hulle taal aanleer nie. Ek is so lief vir my taal, ek is so lief vir my mense, maar hoe gaan ons saam een land word as ons nie mekaar se taal gaan leer praat nie? Hoe gaan ons mekaar verstaan?

Toemaar, ek glo ook vir hierdie taalkwessie sal daar ‘n oplossing kom. Vir nou, vir eers, moet ons ons voete vind, moet ek my bes doen om my ouers te help om weer vir ons ‘n tuiste te skep. Sies tog, ek kry hulle jammer, dis nie maklik om ‘n ou boom te verplant nie.

………………………………………….

Suiwer verbeeldingsvlug van Toortsie.

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekpage

Toortsie by Finesse: ‘n Spinnekop het my gebyt!

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in 26 Kaapse vroue. Bookmark the permalink.

3 Responses to Delphine

  1. Kameel sê:

    Dit moes ‘n groot aanpassing gewees het om in daardie dae ‘n nuwe begin te maak in ‘n land wat nog nie mak was nie. Ek is bly ek was nie Delphine nie!!!

    Like

  2. En (skuus Lou) ons kerm elke dag oor klein dingetjies

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s