Gehoorsaamheid

Deuteronomium 11:13-14: “As julle al die gebooie wat ek julle vandag gee, stiptelik gehoorsaam en die Here julle God liefhet en dien met hart en siel, sal Hy vir julle land reën gee op die regte tyd, lente- en somerreëns, en julle sal koring, wyn en olie oes.”

Die afgelope tyd lees ek in Deuteronomium waar Moses besig is om met die Israeliete te praat voor hulle die Beloofde land sal betree. Dis sy afskeidswoorde aan hulle. Hy sal nie die voorreg hê om saam met hulle te gaan nie.

Oor en oor kom die opdrag dat hulle gehoorsaam moet wees aan God. Oor en oor kom die belofte saam met die opdrag: “As julle gehoorsaam is aan God se gebooie, sal …”

Dis wat God vandag steeds van ons vra: Gehoorsaamheid aan Hom. Niks anders nie, selfs al is dit nie ‘n maklike iets wat Hy vra nie, selfs al loop die pad dalk deur doringagtige gebied. Die lewe gaan nie oor my nie, dit gaan daaroor dat ek Hom moet eer, aan Hom gehoorsaam moet wees, goed moet wees vir ander mense, goed moet doen, sodat Hy daardeur vereer sal word.

Deel van die opdrag tot gehoorsaamheid is ook die opdrag om die Goeie Nuus vir ons kinders te vertel, vir hulle te leer en te wys hoe ‘n pad saam met God lyk, vir hulle te help op daardie pad.

Vers 20 sê: “Skryf dit op jou deurkosyne”, en een van my mooiste herinneringe was toe ek by vriende gaan kuier het en hulle dogter het haar kamer se hele deurkosyn volgeskryf van God se beloftes, omdat dit is wat in Deut 11:20 staan!

Hoe weet ons wat God wil hê ons moet doen? Deur tyd met Hom te spandeer met Sy Woord en in gebed. Baie tyd. Deur jouself beskikbaar te stel en vir Hom te vra wat Hy wil hê jy moet doen.

Mag God my help om sterk te wees, mag Hy my help om gehoorsaam aan Hom te wees, mag Hy my help om Sy stem duidelik te hoor en gehoor te gee daaraan. Mag God dit ook vir jou doen!

Tot eer van Sy naam alleen.

Toortsie

Toortsie by Finesse: ‘n Spinnekop het my gebyt!

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap. Bookmark the permalink.

One Response to Gehoorsaamheid

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s