Sommer net ‘n ou foto

My dogter stuur vir my hierdie foto, ek herken hom dadelik.

image

Dis dieselfde foto wat ek in my ma se album gesien het, maar nie haar foto nie.

Die wêreld is darem klein! Dit hoor mens so baie. Blykbaar is dit nie die wêreld wat so klein is nie, ons Afrikaanssprekendes is maar net min.

So ‘n paar jaar gelede gaan ons en vriende op toer. Ons slaap by my vriendin se niggie iewers in die Oos-Kaap. Die niggie se man kom maak vir ons die hek oop en my man sê, met hierdie man het ek al in my lewe te doen gehad. Ons kuier toe tog te lekker en iewers deur die loop van die aand kom die weermagdae ter sprake. Ja, die twee was saam in offisiersopleiding. Op die groot groepfoto van daardie jaar se nuwe offisiers, staan daar net een persoon tussen hierdie twee manne.

Ek verwonder my altyd daaraan as my kinders maats huistoe bring en hulle is van ons ou pelle se kinders, of se broer se kinders en hulle het vanself vriende geword, nie omdat die ouers mekaar donkiejare terug geken het nie.

O, die foto! Hierdie foto kom uit my dogter se verloofde se ouma se album. Twee jongmeisies het in die veertigerjare van die vorige eeu in Stellenbosch studeer. Hulle was in dieselfde koshuis. Intussen het beide getrou en hul lewens gelei, kinders gekry, kleinkinders, wat die wêreld vol gewoon het. En sonder dat hulle iets van mekaar weet, besluit hul kleinkinders omtrent 70 jaar later om te trou. Hier sit die twee oumas albei in die heel voorste ry!

My dogter herken darem haar jong ouma op die foto, sy lyk glo soos ek. (Daar is meer mense wat so lyk.)

Ek noem toe dat my tante ook op daardie foto behoort te wees. Hulle sê altyd, ek lyk meer as enige van haar eie kinders na haar. Nie lank nie, toe verklap die gene hulself en het sy haar gevind! Ek herken van haar kleinkinders. Soos ons buurman so graag sê, “Gene lieg nie.”

Ek wonder hoeveel van my blogmaats se moeders sit ook op hierdie foto! Ek hou van sulke goed.

Toortsie

Toortsie by Finesse: ‘n Spinnekop het my gebyt!

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Die lewe. Bookmark the permalink.

8 Responses to Sommer net ‘n ou foto

  1. Dis baie oulik. Nadat in 1996 in bib in Potgietersrys gewerk het kom n vrou in wat ek seker van was ek ken haar, Jare later blaai en deur my foto album en wraggies daar is sy in groepfoto van my eerste jaar en ook op fotos waar ons as groepie dames gekuier het. Sy kon net niks onthou nie. Dis te oulik om sulke fotos te ontdek.

    Liked by 1 person

  2. Kameel sê:

    Ek hou ook van sulke ou fotos wat stories vertel!!

    Like

  3. ‘n Uitgelese groep jong vrouens – destyds was dit baie spesiaal vir ‘n meisie om te kon studeer!

    Liked by 2 people

  4. ekmyselff sê:

    Ja die wereld is behoorlik klein… ek hou ook van sulke laslappie stories en foto s. Die en ken dai een wat jy ken en dai een is familie van die ander een….

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s