Toortsie se Toeka Tokkel oor verandering

In opdrag van Scrapydo.

Verandering is deel van ons lewe en hoe meer aanpasbaar ons is, hoe beter. In elk geval, as ons in Afrika wil oorleef, móét ons aanpasbaar kan wees.

So ‘n paar nagte terug raak ek aan die huil toe die besef my tref dat my dogter, my liefie meisiekind, my allerlaatste laatlam nie meer vakansies sommer net gaan huistoekom, alleen huistoe kom om sommer net laat te slaap en dae voor die TV om te lê nie. Sy is groot, haar lewe het aangegaan, sy gaan trou en in die toekoms sal sy en haar man en hopelik later, kinders, soms ‘n rukkie by ons kom kuier. Nie te lank gelede nie is sy as laatlam gebore en het ek in die begin gesug as sy gehuil het, tóé al gewoond aan die seuns wat al van my hande af was. Gelukkig het ek destyds vinnig by die ‘verandering’ aangepas, ek wou haar dan tog so graag hê, en kyk ek terug na 23 wonderlike jare en weet ek mos dis nie die einde nie, dis net ‘n nuwe begin waarvoor ek so bitter dankbaar is. Ons ís mos bly as dit met ons kinders goed gaan, as hulle gelukkig is! So my paar trane was nie trane van skok en ongelukkigheid nie, dit was maar net trane by die besef dat hier weer ‘n stukkie verandering is waarby ek gou-gou moet aanpas.

Dit het ook die besef gebring dat elke tydjie wat ons nou saam spandeer, uiters kosbaar is. Eintlik is dit mos altyd kosbaar, maar soms gaan ‘n mens so aan met jou normale dagtaak dat jy sekere dinge as vanselfsprekend aanvaar.

Ek ervaar dat ek soos ek ouer word, meer aanpasbaar word op sekere dinge, maar op ander dinge minder. Dinge wat die normale loop van die lewe is, soos kinders wat trou en die huis verlaat, is baie makliker om by aan te pas. In my jongdae het ek maklik my goed opgepak en getrek, sommer tjoef-tjaf, maar deesdae is elke groot besigheidsbesluit vir my baie moeilik. Dit vat lank om aan te pas. Ek is mos darem nie meer vandag se kind nie! Maarrr ek is ook nog nie stokoud nie, so ek staal my vir dit wat ookal nog vir my voorlê.

Verandering is ‘n feit. Die vraag is, hoe gaan ek daarby aanpas?

Toortsie

Toortsie by Finessse: ‘n Spinnekop het my gebyt! 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized and tagged , . Bookmark the permalink.

19 Responses to Toortsie se Toeka Tokkel oor verandering

  1. Ek sal glo dis nogal ‘n aanpassing as jou laatlam die huis verlaat. Myne het my ferm en beslis ingelig dat sy weier om die huis te verlaat.

    Like

  2. Kameel sê:

    So stap die lewe aan en bring nuwe verwikkelinge….. en so word die storie van jou lewe geskryf.

    Like

    • Toortsie sê:

      Net so. As kind het my ouma altyd vir my haar stories vertel en dan het ek amper angstig gewonder of ek ook eendag stories sal hê om te vertel. So kry ons stories om te vertel, maar ook lewenswysheid. Ek besef nou hoekom dit as kind so moeilik was om opstelle te skryf, ons het nog so NIKS lewenservaring gehad nie.

      Like

      • Kameel sê:

        Presies. Laat my dink in standerd 7 moes ons ‘n opstel skryf oor ‘n droom. Daar leef ek my so in op ‘n “date” waarop ek en Cliff Richards gegaan het (hy was toe my hero) dat die juffrou weier om te glo dat ek die opstel geskryf het, en vertel my dit is my ma se werk. Ek raak toe goed opstandig… en net omdat ek ‘n mooi opstel geskryf het, moes ek toe buite die klas gaan staan.

        Like

        • Toortsie sê:

          My ma het in st 5 een keer vir my ‘n eng brief geskryf. Die onderwyser se kommentaar yoe hy dit ingee?,”Sê vir jou ma dit was ‘n goeie brief.” Natuurlik het ek dit nooit weer gedoen nie. Maar waaroor ek nou sleg voel is dat ek aspris foute ingeskryf het. Die onderwyser het hopeluk besef die foute was nie my ma s’n nie!

          Liked by 1 person

  3. Dit is soos jy sê sommige veranderings gaan makliker as ander soos wat die jare aanstap. Ek verstaan ook, soos jy sê, hoekom mens op skool nie rerig opstelle kon skryf nie. Lewenswysheid en ondervinding het ontbreek. Dankie vir jou bydrae. Gaan hom gou by lysie voeg.

    Liked by 1 person

    • Toortsie sê:

      Ek het altyd so onbevoeg gevoel na ek ‘n opstel ingehandig het. My ma het dit aangehelp, sy was mal oor opstelskryf en vra dan die naweek wat was die opstelonderwerpe van die week en as ek vir haar sê, antwoord sy, “o maar jy moes dit geskryf het.”, wat ek natuurlik nie geskryf het nie! Dan het my skouers gehang.
      ‘n Vriendin is besig met HOD deur Unisa. Sy vra my gister om te help met opstelonderwerpe n.a.v. ‘n leesstukkie. Ek kon, danksy blogondervinding vir haar help, maar besef toe ook dat die arme bloedjies regtig nie sal weet wat om te skryf nie!
      Een keer moes ek ‘n afsêbrief skryf. Ek het nog nie eers ‘n kêrel gehad nie!

      Like

      • Ek het net eenkeer in std 6 n pluimpie gekry vir manier waarop ek perskes steel beskryf het. Daarna het dit nooit weer gebeur nie! Die ding is as die prikkels reg uitgestuur word is dit makliker om te skryf. Steeds bly eie ondervinding die belangrikste. Ek kan goed glo dat, al het jou ma goed bedoel, sy jou selfvertroue geknou het. Noudat mens al heelwat beleef het kom mens agter hoe maklik n mens iemand kan afskrik terwyl hul eintlik met egte leiding wel n sukses kan maak van skrywes. Gladnie goed om n afsê brief te skryf as jy nie eers weet wat dit beteken nie!

        Like

        • Toortsie sê:

          Ek dink nie my ma het ooit een van my opstelle gelees nie, die opstelboek was mos altyd by die skool en ek was net naweke by die huis. en ja, ek dink sy het dit goed bedoel. Die beloning het ek eers baie jare later gekry, toe ek begin blog het. Soms druk ek vir haar ‘n klomp bloginskrywings en bind dit in ‘n boek, dan kom die opregte komplimente en genoegdoening deur. Ek kan regtig sien dat sy dit geniet en tevrede voel daarmee. Sy vertel altyd dat sy die ‘boek’ ‘n paar keer deurlees. Dalk moet ek weer ‘n slag vir haar ‘n boek druk. Haar gesondheid verswak en leesstof beteken vir haar baie.

          Like

          • Dis sulke klein dingetjies wat n moeder se hart verbly. Net daardie deel van jou skryfwerk met haar hou haar nog aan die gang. Ai dis so lekker as mens sulke moederlike komplimente kry. Dis waar van opstelboek. Boek het mos ook maar by die skool gebly meeste van tyd.

            Liked by 1 person

  4. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 22: Straf – I scrap 2

  5. Ai dis swaar as die laaste enetjie uit die nes is,Toortsie!Maar nou breek weer ‘n nuwe tydperk in mens se lewe aan,waar jy en jou man weer nader aan mekaar beweeg en die lewe voortsit,waar dit gestop het met kinders.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s