Ja, ek was al daar

Op ‘n bloginskrywing vra ek: “Was jy al só moedeloos dat jy nie weet watter kant toe nie, dat die enigste iets wat jy oor het, is om op jou knieë, huilend, voor God te buig?” Hierdie bloginskrywing trek nogals baie mense, dit laat my besef dat die nood maar orals soms hoog is.

Ja, ek was al daar. Meermale. Ek was presies daar toe ek die vraag gevra het. Ek het dit geskryf nadat ek klaar voor God gehuil het en van my knieë af opgestaan het en tog beter gevoel het.

Dis omdat ons, en soveel ander, al presies daar was, dat ons met oortuiging kan sê dat God op die éingste Een is wat jou deur jou krisis kan help. Dit gaan dalk nie kitsantwoorde wees nie, jou antwoorde gaan dalk nie eers wees wat jý graag wil hê nie. Dit gaan dalk tyd neem, bloedsweet, maar uit eie ondervinding, herhaaldelike ondervinding kan ek sê: “As ek nie vir God gehad het om my deur my krisisse te trek nie, sou ek níé daardeur kon kom nie.”

God sélf is die Een wat blywende herstel kan gee, maar ook die Een wat jou regop kan hou wanneer jy wraggies nie meer die moed of krag het om selfs regop te kan staan nie.

Nie te kort gelede nie het ek ervaar hoe God my letterlik aan my groottone uit die modder gesleep het, toe ek net op ‘n hopie wou lê, my hele liggaam gepyn het omdat ek in my hart so swaar gekry het, maar God het die krag gegee, die hulp, sodat ek nie daar bly lê het nie, vorentoe móés gaan om op ‘n punt te kom wat ek weer stewiger kon staan.

Hoe kom ek by Hom uit? Op baie maniere, maar veral om net stil te sit by Hom, met Sy Woord in my hand en in my hart. Om sommer net vir Hom te sê, “Here ek weet nie meer nie, ek weet nie watter kant toe nie. Here, help my asseblief!” Om sommer net in die Bybel te lees en dit wat Hy daar vir jou sê en gee aan te gryp, dit vir jou te vat. Om tyd met Hom te spandeer, daagliks. Om te besef dat jy nou by Hom krag nodig het en dit dan by Hom persoonlik gaan soek. Om deur die dag aan God se beloftes te dink en Hom daaraan te herinner. Deur, as jy in die dag aan ‘n stukkie in die Bybel dink wat vir jou moed gee, dit op te sê, selfs al is die woorde nie 100% reg nie, deur sommer deur die dag ook met God te praat en vir Hom te sê help. Deur te sê, “Dankie Here”, elke keer wat jy vir ‘n rukkie beter voel.

God was nog elke keer my antwoord. Selfs al kom daar terugslae, is die enigste Een wat my ook daardeur sal trek, net God. Hy alleen.

Sterkte vir jou.

Toortsie

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie by Finesse: Die wonderlike versekering

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

6 Responses to Ja, ek was al daar

  1. Kameel sê:

    Ek kan net “Amen” hierop sê. Of laat my net sê dit is presies waar God jou wil hê…. aan die einde van jouself sodat Hy jou krag en sterkte kan wees.

    Like

  2. Ek stem saam, goed geskryf.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s