Verandering

Scrapydo se toeka-tokkel: Verandering

Het ek ‘n “magic wand” gehad sou ek hom sekerlik ‘n paar keer in my lewe geswaai het om dinge tot stilstand te bring. My kinders sou dan almal op ‘n sekere tydstip van hulle lewens nie verder gegroei het, en die huis verlaat het nie. My kleinkinders sou almal die rondegesig, grootoog, vierjarige babbelbekkies gebly het wat lief is vir drukkies en soentjies. Ken sou nog daardie lenige lyf en lang hare gehad het, en ek…. ek sou nog in my tanga op die strand rondgeloop het.

Maar verandering is ‘n onvermydelike deel van die lewe, en partykeer gebeur dit oornag. So sit ek een Vrydag by die werk. Behalwe vir my verlange na my twee verlore seuns, gaan dit goed. Ek het nege maande tevore tot bekering gekom, het ‘n goeie werk, en geniet die huis wat ons laat bou het, en die tuin wat besig was om mooi aan te kom. Meneer Jones, ‘n ingenieur kom die kantoor binne. Ek kyk op my horlosie, “Is this the time to come to work,” vra ek tergend, “and where were you galavanting all this time?” Hy vertel toe dat hy tussen die mielielande was. Min wetend dat diè gesprek ons hele toekoms gaan verander vra ek heel belangstellend waar en wat is hierdie plek tussen die mielielande. Hy begin verduidelik, en dan verhelder sy gesig. Hy kom met ‘n plan voor die dag wat vir my heel belaglik klink. Die afdeling waarvoor ek werk skuif oor ‘n paar jaar Kaap toe; ek was al genader om te hoor of ek ‘n pos daar sal aanvaar. Sou Ken nou sy werk bedank, en tussen die mielielande begin werk om opleiding te ontvang, dan kan ons twee saam oor ‘n paar jaar in die Kaap gaan werk. Vir my sal hulle intussen net ‘n verplasing gee. “Dit klink na ‘n uitstekende idee,” grap ek.

Maandag wag daar ‘n skok op my. Alles is klaar gereël, Ken moet die volgende dag vir ‘n “onderhoud” tussen die mielielande gaan, vir ‘n werk wat hy al klaar het. Daarna gebeur alles soos in ‘n droom; die lang rit, die wag in die kar, Ken wat sê hy moet oor twee weke daar begin werk, die huis gaan kyk waarin ons gaan bly, die rit terug, en al die reëlings wat getref moet word. Die enigste plek waar ek my voet neergesit het is dat ek nie ‘n oorplasing wil hê nie, maar gaan bedank. Ek wou eers ‘n paar maande afvat om die huis uit te sorteer, en my voete in die nuwe omgewing te vind. Wanneer ek gereed is sal ek weer my pos hervat.

Sowaar die mens wik, maar God beskik. Eers tussen die mielielande, en van ons – of moet ek sê Meneer Jones en sy kollegas – se planne kom daar niks. In my wildste drome sou ek nooit kon dink dat ons lewe sou verloop soos dit het nie. Dit was nie op my agenda om met twee kinders tussen die mielielande in te trek, en toe ek my oë weer uitvee ses kinders in die huis te hê nie. Ek verander van ‘n “career woman,” (soos my skoonma gesê het; “You are no housewife, but a career woman) na ‘n huisvrou toe wat vroegoggend ‘n groot pot mieliemeel pap staan en roer, en voor die naaimasjien sit en klere maak. Vir een en twintig jaar is dit my lewe, en skielik verander alles, en beland ons in die stad. Blykbaar is verandering goed vir ‘n mens…. Is dit?

 

26 thoughts on “Verandering

    1. Gelukkig is die mens ‘n redelik aanpasbare wese. Daar tussen die mielielande het ek nuwe intrekkers bemoedig deur te sê gee dit ses maande dan sal jy anderste begin voel oor die plek. Ek wou werklik nie weer terugkom stad toe nie…. maar moes maar weer aanpas.

      Liked by 1 person

    1. Diepwater ingegooi en moes swem Frannie. As ek terugkyk sien ek God se hand so duidelik in wat gebeur het. Hy het ander planne vir my gehad as wat ek gehad het. Ek het binne in God se wil beland, en die krag om te doen wat Hy van my gevra het, het van Hom gekom.

      Liked by 1 person

  1. Partykeer moet ‘n mens net inval en saam met die stroom begin swem; jy sal verbaas wees op watter wonderlike plekke jy uitgespoel sal word. Helaas! Dis nie in my aard nie – ek neig altyd stroomop.

    Like

    1. Ek was daardie stroomop mens wat die leisels stewig in my eie hande gehou het Hester. Toe het ek ‘n ontmoeting met dié God wat ek gesê het bestaan nie. Ek verander soos handomkeer en gee die leisels aan Hom oor. Wel dit was duidelik dat Sy planne drasties van myne verskil het 😆 Ek is nie spyt oor hoe my lewe geloop het nie…. deur die jare besef ek leef my roeping op hierdie aarde uit. 3

      Liked by 1 person

    1. Dankie Scrapy. So baie mense het al vir my gesê ek moet my lewensverhaal skryf. Dit sal ‘n reusetaak wees…. om dit so in drips en draps te doen is lekker. As dit dan ook ‘n eerlike boek moet wees sal ek in dele van my lewe moet ingaan wat baie lelik was. ‘n Man in ons kerk wat op agtien getrou het net om sy homoseksuele lewe te kamofleer het die mees eerlikste boek geskryf. Soos hy aan die begin van boek sê hierna sal mense my of haat of my verstaan. Ai, hier sit ek nou en klets met jou…. mooi dag vir jou. As kamofleer verkeerd gespel is verskoon maar…. gaan nie nou onder kombers uitklim vir woordeboek nie.

      Like

      1. Sodra jy klaar is met die A-Z … begin! 🙂 Dit sal so wonderlik wees! Jy het alreeds heelwat daarvan geskryf in die vorm van bloginskrywings, so jou basis is reeds gelê. Ek dink die groot publiseerders sal spring daarvoor.

        Like

          1. Nee man, ek check jou nie op nie. Ek weet mos jy is besig daarmee en daar is mos geen haas nie, jy doen dit so vinnig soos jy kan. En die boek? Ook op jou eie tyd. Wat ek eintlik vir jou wou sê, is dat ‘n baie groot deel van jou boek reeds geskryf is. Jy moet dit net aflaai in een Word file en dit begin bymekaarsit en uithaal en byvoeg soos jy voel dis nodig. Ek dink minstens 40% van jou werk is alreeds klaar! 🙂

            Liked by 1 person

            1. Miskien is jy die aansporing wat ek nodig het. Nou die dag is Ken vir my smoorkwaad oor iets wat ek vir die kinders uit ons verlede vertel het. Ek sê daarna vir hom besef jy as ek die boek skryf wat almal wil hê ek moet skryf ek hierdie dinge in die boek moet vertel. Miskien is dit juis dit wat my laat huiwer, ek sal nie die persone wat ek op ‘n mate beskerm kan beskerm as die naakte waarheid moet uitkom nie.

              Like

      2. Dis vir my ook lekker om sulke happies uit my lewe te skryf. Toe ek begin skryf het in 2012 het ek net so 5 lyntjies geskryf oor ondervindings. Deesdae skryf ek maklik n bladsy. Gedurende die vier jaar het ek n groot versameling geskryf. Een deel is oor SA lewe en tussendeur NZ dele. Ek skryf bv ook nie sommer oor my werklike hartseer ondervindings in my laaste deel van my huwelik nie. Dit is beslis ook nie baie “mooi” gewees nie. Dankie dat jy so lekker met my klets. Moenie komkommer oor die spelling nie- ek weet jy gebruik baie tyd om op te soek.Onthou ek is n juffrou en verstaan baie dinge uit ondervinding. Hoop jou dag is heerlik. Die winter het vanmiddag sy yswind hier ingewaai.

        Like

Gesels saam, asseblief!