Fredeli

Oeee die lewe is ‘n lied! Ek wil net lag en sing en dans! Alles is net so lekker, die son skyn, ek is verlief, ek trou binnekort met die wonderlikste, mooiste man in die Kaap!  Wat méér kan ek vra?

Dis so waar soos die spreekwoord sê: “Lag en die wêreld lag saam, huil en jy huil alleen.” Ek sien dit elke dag, as ek glimlag vir mense, glimlag hulle terug. Ek kan nie verstáán hoekom hier so baie bedrukte mense is nie, die lewe is net so lékker! Wag, laat ek nie oor die bedruktes tob nie, netnou raak ek ook so! Ek moet eerder aan maniere dink om die lewe vir hulle ook lekker te maak.

Dis vir my só lekker om hier in die Kaap te bly met sy berg en die see, ja, selfs met sy wind ook, maar hoe sou die Kaap gewees het sonder sy wind? Die wind waai sommer al die spinnerakke uit my kop as hy die dag kom, mens voel sommer weer beter daarna. Ek moet erken dat hy soms maar baie erg raak, dan moet mens net vashou vir al wat jy het!

Ek is natuurlik mal daaroor om in die berg te stap, hier is soveel paadjies wat ons kan stap. Ons groepie vriende stap graag op ‘n Saterdag. Dis juis met so ‘n stappery wat ek en Willem besef het ons is vir mekaar bedoel en nou gaan ons trou! Ek is in die wólke! Die beste van alles is dat my ouers van hom hou. Hy is dierbaar en pragtig en hardwerkend, ek weet hy sal vir my kan sorg en ek sal my bés doen om vir hom ‘n goeie vrou te wees en dit vir hom lekker te maak by die huis. Hy moet altyd welkom voel daar. O, dit gaan lekker wees, en as die kinders eers daar is … ek kan nie wag nie!

Tannie Ella maak vir my die mooiste rok. Daar moet baie blomme by my troue wees. Rose. Ek is mal oor rose en die kos moet lekker wees sodat die mense tog nie honger daar weggaan nie.

Nou ja, ek kan nie heeldag hier sit en klets nie, ek moet die lewe gaan lééf, elke oomblik daarvan!

………………………….

Steeds net ‘n verbeeldingsvlug van Toortsie

Toortsie by Finesse: ‘n Spinnekop het my gebyt!

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in 26 Kaapse vroue, Toorts se verbeeldingsvlugte. Bookmark the permalink.

4 Responses to Fredeli

  1. seegogga sê:

    Klink soos Toortsie.

    Like

  2. Kameel sê:

    Dink dit is Toortsie se dogter 😉 Die Kaap het troukoors!!!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s