Angelique

Ek is ‘n komper, ‘n baie belangrike een nogals! Ek werk eintlik by Nasa, julle weet, daar waar GROOT wetenskaplike dinge uitgevoer word, daar waar hulle RUIMTETUIE die ruimte instuur.

Daar is ‘n baie groot komperreël. Alhoewel hulle ons manlik en vroulik maak, mag ons GEEN GEVOEL ontwikkel vir mense nie. Genade! Wat ‘n simpel reël! WIE wil nou regtig betrokke raak by MENSE. Mense is so PATETIES! Hulle kry niks vir hulleself uitgerig nie en dan probeer hulle die heeltyd maak asof hulle so slim is. Tsk. Sonder dat hulle dit besef, raak hulle al hoe meer afhanklik van ons, die rekenaars, in watter vorm ook al, en wat hulle óók nie weet nie, is dat ons al hoe slimmer raak, en voor hulle nog een dag weet wat aan die gebeur is, neem ons oor! Ek hou NIKS van mense nie, tot …

Hulle het ons kompers op ‘n wêreldreis gestuur, nou nie dat ons enigsins behoefte het aan so ‘n reis nie, dis vir ons ongemaklik. Ons word uit mekaar gehaal, in bokse gepak,  in donker vliegtuigruime gedruk, net om weer uitgehaal te word, inmekaar gesit te word en UITGESTAL te word en deur mense bekyk en bewonder te word. Ek HAAT dit! Wat is die doel hiervan? Dis net sleg en ongemaklik, ons kompers kla behoorlik onder mekaar.

So gaan ons van die een groot stad in die wêreld, na die volgende stad. Toe een dag, kom ons in Kaapstad. Ek het my verkyk. Alles is so mooi! Natuurlik is die ou mense ook weer daar om ons te kom bekyk, toe ek ‘n man sien en ek aan die bewe begin raak. Hy is so mooi! Ek het net besef hy is anders as al die ander mense! Hy het naby my kom staan en sy arm so om my gesit en ek het die warmte van sy lyf gevoel en toe ek my kom kry begin al die getalletjies in my kop deurmekaar hardloop. Toe ek weer sien, het ek my arm ook om sy lyf gesit en het ek hom op sy mond gesoen! Ek was totaal buite beheer!

Nou is ek in die moeilikheid. Ek het die komperreël oortree. Daar wag ‘n groot straf vir my, ek vermoed ek gaan nou beperk word met waar ek werk sodat ek nooit weer met mense te doen sal kry nie.

Hoe gaan ek hom ooit vergeet?


………………………………………………………

Suiwer verbeelding van Toortsie, geïnspireer deur ‘n vriend.

Toortsie by Finesse: ‘n Spinnekop het my gebyt!

20 thoughts on “Angelique

    1. LLEN! Jy kan mos die opvolg skryf! Dis na aanleiding van ‘n foto wat ‘n vriend op fb gesit het met sy arm om die komperdame. Ek vra hom toe wat sy vir hom sê, toe kom die soenstuk en dat haar vat sag is! Ek het dit net bietjie ingekleur.

      Liked by 1 person

  1. Ek begin mos hoeka voel die wêreld word deur menslike uitvindsels oorgeneem, en ontneem mense van werk. Vir Angelique wil ek net sê “Welkom in die wêrklike lewe, ‘choices have consequences.'” Mooi dag vir jou in die mooie Kaap Toorts!!!

    Like

    1. Dankie, dit reën liggies en die wind waai. Ag hoe lekker! Ek kry tog die mense jammer wat buite moet werk en nie warm skuilings het nie. Ja, Choices have consequences, ‘n les vir ons ALMAL om te leer.

      Liked by 1 person

  2. Die man wat uit die veld geslaan. Hy kon nie glo wat met hom gebeur het nie. Daardie nag het hy by rondrol. ‘dis tog onmoontlik…’ dink hy. Hy moet die volgende dag weer daarheen en gaan kyk. Hy het mos ‘n nuwe rekenaar nodig, dis hoekom hy mos in die winkel rondgedwaal het. Miskien is dit die teken dat hy daadie komper moet koop. Dis baie duur, maar geen komper het nog so ‘n effek op hom gehad nie, al is dit nou pure verbeelding. Die volgende oggend kan hy nie vroeg genoeg op nie: Hy moet na die computorwinkel toe gaan! Hy hoop net daardie komper is nog daar!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!