Wen ‘n gratis Toortsie Bantingresepteboek!

‘n Dame wie se lewe totaal deur die Low Carb Healthy Fat konsep verander is, is Esther Moller. Haar lewe het soveel verander dat sy haar werk bedank het en haar hele lewe nou wy aan hierdie konsep. Sy begin nou die ‘Lowcarbdirect Business Directory and Online Library.’ waar mense hulle produkte en dienste  in die Lae Koolhidraatlyn kan adverteer.

Capture

Saam met hierdie webblad beplan sy ook ‘n gratis maandelikse E-tydskrif waarin raad gegee gaan word rondom hierdie leefstyl, mense bemoedig gaan word wat hiermee besig is, en wat nog als.

Indien julle meer wil lees hieroor, kan julle gerus hierdie ‘media kit‘ lees. Dalk wil jy daarin adverteer, dalk wil jy daar skryf.

Net soos met baie ander dinge, is daar ook baie interpretasies in die Lowcarb leefstyl. Ek, byvoorbeeld, volg dit soos wat Prof Noakes dit in ‘The Real Meal Revolution’ beskryf, maar ander mense volg dit ook op ander maniere. Hierdie tydskrif beoog om aanklank te vind by die hele breë spektrum van Low Carbers, soos Zero carb, Ketogenic, Banting, LCHF, diabetic, Glutenfree, Suger free, Paleo.

Ek, Toortsie, het die voorreg om elke maand ‘n stukkie in die tydskrif te skryf! Ek voel regtig bevoorreg! Esther het die advertensie van die boek te wen op my faceboek geplak en die volgende geskryf: Sign up NOW for our FREE e-magazine and qualify for this great book from Madele Burger. Her banting journey was my first introduction to this lifestyle, which changed me forever inside and out! Thank you Madele Burger for the greatest gift – you are such an inspiration – keep up the good work. Follow her on her blog for some life inspiring posts: https://toortsie.com/   By die Toortsie Faceboekblad skryf sy: Baie dankie Madele Burger – wie sou ooit kon dink jou posts op Facebook waar jy so lekker room in jou koffie drink en terselfdertyd gewig verloor, sou die inspirasie wees virhttps://www.facebook.com/lowcarbdirect/? My lewe is onherroeplik verander te danke aan jou.   Dankie Esther, ek voel geëerd.

So, dames en here, hier staan jou kans om ‘n TOORTSIE SE BANTINGBOEREKOSBOEK te wen. Kliek op HIERDIE SKAKEL, of anders, kyk heel bo-aan op ons blog, regs, is ‘n advertensie van die kompetisie. Kliek daarop. Jy het kans tot 30 Junie 2016. Dalk tot 1 Julie, maar speel eerder veilig.

Groetnis

Toortsie

Bestel Toortsie se Bantingboerekosboek HIER.

13516664_1730753997196509_7941111900165684122_n  13413560_872424932862729_5841573587251494983_n

Capture

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Wen ‘n gratis Toortsie Bantingresepteboek!

  1. Ek is bly dit werk so mooi uit vir jou,Toortsie!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s