Partners

Daily post opdrag, vermoedelik ook met ‘n foto, wat ek nou nie het nie.

Natuurlik is my eie man my beste partner wat ek seker in my lewe gehad het en ons is al sedert 1981 maats, vennote, geliefdes. Maar ek wil oor ‘n heel ander partner skryf.

Vir my met my handelsagtergrond, is ‘n ‘partner’ ‘n vennoot. Ewe onskuldig het ek in Australië van hierdie partner wat ek nou gaan vertel, vertel en dan kon ek ongemak op die mense se gesigte sien, want vir hulle is partners saamblyers, iets wat glad nie in my ervaringswêreld en woordeskat veel hond haar-af maak nie.

Ek het ons vervoeronderneming bestuur. Vrou-alleen. Op daardie stadium was daar seker 7 lorries, elk met ‘n lorriedrywer en ‘n agterryer, almal mans. Mens moes nogals hare op die tande hê. Eintlik het dit heel goed gegaan en die mans het regtig probeer om my te help, behalwe een blanke man wat voorheen ‘n polisieman was. Sy houding het gewys hy hou nie van ‘n vroue-‘baas’ nie.

Ek het my DOOD gewerk. Dis lorries op die pad hou, kliënte gelukkig hou, papierwerk wat moes uit. Ek het gevoel ek verdrink. Pappa het bly sê, stel iemand aan om jou te help, maar ek wou eers al die fasette van die besigheid onder die knie kry. Toe ek die Saterdag knak en bedank, het ons dadelik werk gemaak om vir my hulp te kry. Die moontlike kandidaat? Dawie Beyers. ‘n Man wat voorheen geboer het, maar wat ook ‘n rekenaarkenner was, en wat my man altyd opgeval het, was sy netjiese kantoor. (Dis natuurlik aansienlik meer as wat van my kantoor gesê kan word.)

Ek het vir Dawie genader en drie dae later het hy met sy hande op die onderdeur van die kantoor kom staan en sy kop geknik.

Sy-aan-sy het ons gewerk in ‘n kleine kantoortjie. Hy het die lorries rondgestuur, ek het die rekeninge gedoen. Ek het hom my ‘partner’ genoem en sou deur diep waters loop vir hom. Hy het op daardie stadium kwaai gerook, hier styf langs my, en toe hy ophou met rook, toe wonder hy een dag hoe ek dit langs hom uitgehou het, waarop ek geantwoord het: “Ek was net te dankbaar oor jou hulp om oor enige iets te kla.”

Dawie het vir my ‘n vertroueling geword, ek kon soveel probleme met hom bespreek. Ons het wonderlik saamgewerk. My ou partner. Dis wat hy altyd sal bly.

Hy is ‘n paar jaar oorlede aan kanker, maar vir wat hy vir my kom doen het in daardie kantoor, sal ek hom lewenslank dankbaar bly.

Toortsie

Toortsie by Finesse: The Hills are alive!

Toortsie se Bantingboerekosboek Faceboekblad

Toortsie se Faceboekblad

13516664_1730753997196509_7941111900165684122_n

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Die lewe. Bookmark the permalink.

10 Responses to Partners

  1. Kameel sê:

    Laat my aan Moffat se woorde dink: “Death is never the last word in the life of a righteous man.” When a man leaves this world, he leaves something in it. He may leave something that grow and spread like a cancer; or he may leave something fine which blossoms and flourishes without end. He leaves an influence of good or ill; everyone when he dies still speaks. May God grand us to leave behind not a germ of evil but a lovely thing in which the lives of those who come afterwards will find blessing.

    Liked by 3 people

  2. Dis so mooi,Toortsie!

    Like

  3. Daardie “partners”, is baie skaars in dié lewe.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s