Waar is die see?

Scrapydo se Toeka-tokkel: Die See

“En die see het nie meer bestaan nie.” Die eerste keer toe ek hierdie woorde in die bybel gelees het, het dit my tussen die oë getref. Ek was verslae; ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde maar sonder ‘n see!!! Ek kon myself nie ‘n wêreld sonder ‘n see indink nie. Om nooit weer die geruis van die see te hoor nie; om nooit weer te sien hoe branders op die rotse breek nie; om nooit weer langs die see te stap of in hom te swem nie!!!

En toe lees ek verder en my verslaentheid neem toe. Die nuwe stad se muur is met opaal gebou en die stad self met suiwer goud wat soos ‘n skoon spieël lyk. Die fondamente van die stadsmuur is met allerhande edelstene versier. Daarna volg die twaalf name van die edelstene waarvan ek die meeste nog nooit gehoor het nie. Die twaalf poorte van die stad is twaalf pêrels, en die strate van die stad is suiwer goud, en blink ook soos ‘n spieël. Vir ‘n persoon wat lief is vir goud en edelgesteentes moet dit seker wonderlik klink, maar dit het net die teenoorgestelde vir my gedoen. Ek is nie ‘n “bling” mens nie, ek hou van klein en “cozy,” en natuurlik.

Dit het my ‘n rukkie geneem om vrede te maak met die idee van ‘n seelose wêreld, en ‘n stad met strate van goud, maar nou sien ek uit na dit wat die bybel sê “What no eye has seen, what no ear has heard, and what no human mind has conceived, the things God has prepared for those who love him.” Maar terwyl ek op hierdie aarde is sal ek die see geniet, en opreg dankbaar bly vir die ure se genot wat ek op sy rug deurgebring het.

 

 

26 thoughts on “Waar is die see?

              1. Ek het eers nue lekker verstaan nie, toe sien ek jy reageer op haar. So die ouderdom foeter maar hier ook. Onthou hierdie spiderwoman se kop is nou vol spinnekopweb!

                Like

                  1. Ek kry intensiewe behandeling. Afgelope 3dae elke dag antibiotika binne-aars toegedien. Wond gister skoongemaak, so dit was ‘n tawwe 24 uur. Vandag voel ek al beter, kon paar goedjies gedoen kry. Maar ewe skiel7k is pille uitgewerk dan slaan die pyn en bewerasie en kouekoors my met ‘n slag. Dan is dit onmiddellik terug bed toe.

                    Like

                    1. Nog nie heeltemal op die been nie. Kyk, ek het nou geskryf daaroor. Ek dink ek begin reg raai oor waar daardie spinnekop was. Dis ‘n plek wat dringend gespuit sal moet word.

                      Like

        1. Jou beurt is jou beurt…. ek gun dit vir jou. Gelukkig kan jy nie my groen kleur sien nie. Geniet dit Hester, juis besig om jou blog oor die poeletjies te lees.

          Liked by 1 person

    1. Nou het jy nie net gelees nie maar gevoel hoe geskok ek was. Die Here het vir ons ‘n groot geskenk gegee deurdat ons die see wat hy gemaak het so kan geniet.

      Like

      1. Ja beslis, mens waardeer nie altyd wat ons het om te mag geniet nie. Ek voel self elke dag so klein met die aanskou van die pragtige omgewing waardeur ek elke oggend vroeg ry. Dis elke dag weer uniek en wonderlik. Ek kyk maar die mensgemaakte vernietging mis soos wat ek ry. Die gebrande berg bv is nog steeds aaklig.

        Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!