Toortsie se Toeka Tokkel oor die see

Vandag is die see grou. Dit reën en mens kan nie so ver oor hom uitkyk nie, dit lyk of die horison vas is aan die wolke.

Ander kere is hy woes, onstuimig en kyk ons hoe die groot skepe beur teen massiewe branders wat soms bo-oor hulle slaan.

Soms is die see die mooiste turkoois, pragtig, kalm, met seilbootjies of vissersbote, of ‘n ou wat windsurfing doen, man-alleen in die groote oseaan hou ure lank ons aandag.

Partykeer, net soms, ná baie dae se woeste wind, skop die see bollings skuim uit, vuil skuim wat selfs tot by die pad lê.

Die see. Ek is mal oor hom. Ek het hom nodig vir my geestelike gesondheid. Net om soms te sit en kyk en kyk en kyk met gedagtes ver weg, maak dit rustig in my hart.  Ek swem nie graag in hom nie, maar lief is ek beslis vir hom.

In opdrag van Scrapydo

Toortsie

14 thoughts on “Toortsie se Toeka Tokkel oor die see

  1. Die see gee my ook n mate van rustigheid. Die baai en hawe waar Wellington gebou is het ook daardie altyd veranderende beweging en kleur, afhangende van wind en temperatuur. Jy is gelukkig om so naby te wees om jou siel met die see te verfris. Dankie vir jou bydrae vit TT

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!