Vervolging

1 Petrus 4: 12-18: “Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie. Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by sy wederkoms in heerlikheid. Geseënd is julle wanneer julle beledig word ter wille van die Naam van Christus …”

Ek en ‘n liewe vriendin was in gesprek oor die swaarkry van die lewe, toe ek die Bybel op my tablet vat en dit self by hierdie stukkie oopmaak.

Ek het nog altyd, as ek aan vervolging dink, gedink aan mede-gelowiges wat in nie-Christenlande daagliks met dreigemente en allerhande erge vorms van aanvalle en ander dinge te doen kry. Tog kon ek nie anders as toe ek hierdie stukkie lees, as om te besef dat dit ook vir ons bedoel is nie. Ook ons kry soms swaar as kinders van God deur bytende opmerkings van selfs mede-Christene as ons die regte pad probeer loop. Goeie bedoelings word omgedraai na iets leliks, soveel só dat ons selfs in ons opvoeding en dit wat ons in die Bybel leer, begin twyfel. Verstaan ek die Bybel nog altyd verkeerd? Hoe moet ek dit wat ek uit die Bybel leer, toepas?

Dan kom die antwoord dat ook Christus vervolg was, teenkanting gekry het, verkeerd opgeneem was toe Hy gehoorsaamheid aan God uitgeleef het, dat ons eintlik teenkanting moet verwag, want ons leef in ‘n sondige wêreld en satan sal enige ding doen om ons van ons pad van gehoorsaamheid te kry, enige ding om ons te laat twyfel en weg te draai van God af.

Niemand het beloof dat dit ‘n eenvoudige en maklike pad sal wees nie, maar dat dit ‘n moeitewerd pad is om te loop, is gewis. Selfs al kom die teenkanting, die vervolging van mense naby aan jou.

Soos Jesus self in Matteus 5: 10-12 sê: “Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel.”

Sterk staan!

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Toortsie se dagstukkies op Sondae. Bookmark the permalink.

3 Responses to Vervolging

  1. Kameel sê:

    Ja Toorts dis nie ‘n maklike pad nie… hoe nader jy aan die Here wil lewe hoe meer teenkanting kry jy. Tot my kinders dink ek vat dinge te vêr as ek nie ‘n fliek wil kyk waarin Jesus se Naam ydelik gebruik word nie. Wat die ongelowiges aan betref dink ek aan dié vers en verstaan snedige aanmerkings aangaande ons verhouding met God dan beter. “The person without the Spirit does not accept the things that comes from the Spirit of God but consider it foolishness, and cannot understand it because it is discerned only by the Spirit.”

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s