Toortsie se Toeka Tokkel oor grotte

In opdrag van Scrapydo, en amper het ek hiervan vergeet, maar Kameel het my met haar bloginskrywing herinner aan hierdie opdrag. Eintlik het Kameel klaar geskryf wat ek wou skryf, so eintlik hoef ek net ditto onderaan haar blog te sit.

Ek glo met my hele hart dat ‘n mens gemaak word vir die tyd waarin jy lewe, dat jy al as baba toegerus is met dit wat jy gaan nodig kry op jou pad. Ek is nie toegerus as baba om ‘n grotbewoner te wees nie. Dalk die grot by Mosselbaai wat oop is aan die een kant en uitkyk oor die see, maar beslis nie ‘n toe grot nie.

Ek gaan wel by die Kango Grotte se eerste saal in, want dis oop en ruim en helder verlig, maar nie ‘n tree verder nie en beslis nie deur die skoorsteen nie. Ek het al gehoor dat die skoorsteen vir langer mense moeiliker is omdat jy nie eintlik jou bene kan optrek nie. Of dit waar is, sal ek nie weet nie, en ek is ook nie van plan om dit te gaan uittoets nie. Veral nie nadat my dogter my nou die dag vertel het dat sy effens vasgesit het daar toe sy in standerd 5 was en dat die gids reeds vooruit was nie. Bietjie onverantwoordelik van ‘n gids om 3 dogters alleen agter te laat, sou ek dink!

Kameel noem die Blue Grotto by Italië. Is dit by Sorrento? Hoe twyfel ek dan nou? Ek dink ek moet weer gaan kyk, net om seker te maak waar dit is! Dis absoluut fantasies! Dis mooi, besonders en ook nie so toe nie en jy sit veilig in ‘n bootjie saam met ander mense en vertrou die persoon wat in beheer van die bootjie is.

In die Margaret River-gebied  in Wes-Australië is ons by ‘n grot in, ek dink daar is ‘n hele paar grotte. Die een wat ons gekies het, was baie ‘aards’. Soos ‘n grot behoort te wees. Nie vreeslik verlig nie. Grillerig. Koud. Nat. Ek was wel op die foto, harde hoed en al, maar het gou omgedraai en in die sonlig vir die res van die groep gaan wag. Hierdie avontuurlustige Toortsie is maar vrek bang, hoor!

So dis my storie.

Toortsie

Ns. Scrapydo, op hierdie stadium is jy nou nie gepieng nie, ek werk op my tablet.

Toortsie by Finesse: Ek vra ‘n veer 

19 thoughts on “Toortsie se Toeka Tokkel oor grotte

    1. Ag toggie nou sien ek ‘n prentjie van my en my man in ons velklere, en hy wat met “club” in die hand my aan my hare rondsleep.

      Like

  1. Ha ha, jy en Kameel vat die grot-lewe te ernstig op. Ek het skoorsteen op gegaan in Kangogrotte- sal dit nie sommer weer doen nie want dis gladnie baie lekker nie. Ek het met my laaste twee keer toe ek vir n scan moes gaan vir my rug en later my nek gevra om geblinddoek te word want ek het engtevrees gekry in daardie masjien en dan kan jy nie roer nie ook nog! Aaklig, ek dink dis hoe jul moet voel in n grot. (gelukkig kry ek nog jou inskrywing kennisgewing al is dar nie n pieng nie. Daar was toe in elke geval n probleem daarmee. Dis nou weer reg.)

    Like

    1. Die tonnel is verskriklik. Ek lê met toe oë en bid vir almal wat ek ken en nie ken nie. Blinddoek is erger. Die stillê vir 20 min is die ergste. Die tonnel is nogals nie nou nie.

      Like

  2. Jy kan nie te vrek bang wees as jy met ‘n bootjie vaar deur ‘n grot nie. Ek is bang vir albei en ek vertrou nie maklik iemand anders aan die roer nie – senuweeagtige passasier 😀

    Like

  3. Toortsie ek vra verskoning dat ek so onverantwoordelik was om jou 3 dogters alleen by skoorsteen te los… 🙂 Nee ek het nie sluldgevoelens nie, maar Kameel het n.a.v, Scrapydo my herinner dat ek ‘n gids in Kangogtotte was en daar is legio stories wat wag on geskryf the word!! Die skoorsteen is nie so nou nie. Wanneer mens in hom op kyk sien mens die 2 binneste wande wat nou lyk(die skoorsteen krul na hbuite wat hom wier maak as wat hy lyk). Dit is egter nie so maklik om daarin op te klim nie wat dit ongemaklik maak en erger maak as wat dit is(die noute). Ek beoog om teen die naweek my eerste grot blog te skryf wat in die posbus (na die skoorsteen afspeel en abaie nouer, wek breer maar baie platter). Terloops asof ek mie alreeds geintimiddeer genoeg is nie – ek sien Scrapydo het ‘n reeks blogs en moes al nuwes begin omdat ander se spasie op is! Eendag as ek groot is…

    Like

  4. Ek is ook nie ‘n mens vir grotte nie.Die Kango Grotte is baie mooi veral die groot sale maar die kleiner spasies is ook nie vir my nie.Wat my laat dink aan die Sudwale Grotte naby Sabie.Ons was so klompie jare gelede daar en ek het net tot die ingang gevorder toe se ‘n stemmetjie vir my,bly weg.
    Ek draai toe net daar om en gaan besigtig toe die modelle van dinosaurusse wat daar vertoon word wat nogal iets aanskouliks is.
    Groetnis.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!